Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riviera Suite 18

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Laan 133, Riviera Hotel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Riviera Suite 18 is 'n selfsorgeenheid met 1 slaapkamer wat 2 volwassenes kan akkommodeer en 2 enkelbeddens vir 2 ekstra gaste in die leefarea. Dit is in die Riviera Hotel. Die Riviera hotel lê aan die oewer van die Hartenbosrivier en spog met 'n swembad en kuierarea , kroeg gedeelte en restaurant wat 'n lieflike uitsig op die rivier bied. Dis op die grondverdieping geleë en het nie 'n uitsig oor die rivier nie.

Dié moderne eenslaapkamer-woonstel is ideaal vir 'n gesin van 2 volwassenes en 2 kinders met slaapplek in 'n ruim slaapkamer. Die kinders kan op 2 enkelbeddens in die leefarea slaap. Die slaapkamer het ingeboude kaste, 'n koninggrootte-bed en 'n plafonwaaier. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die leefarea het 'n oopplan-ontwerp en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, eetgerei en breekware. Die sitarea het 'n rusbank, 'n dubbelslaapbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n privaat stoep area met 'n tafel en stoele. Daar is buite braai geriewe beskikbaar wat gedeel word.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike geriewe van die Hotel wat 'n swembad, restaurant en kroeg insluit. Hier kan gaste heerlik kuier langs die swembad en die ongelooflike uitsig geniet. Gaste kan ook bo-op die hotel se dak gaan braai en die see-uitsig van bo af geniet.

Die see is ongeveer 400 m vanaf die blyplek en die strandmeer is 20 treë vanaf die deur.

Die waterfront is stapafstand en het 'n inkopiesentrum met verskeie winkels, restaurants en kroeë. Hartenbos se kus is ideaal vir 'n heerlike vakansie. Die see is ook stapafstand van die eenheid.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Leefarea

2

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Gedeelde dstv
  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 45 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Kobus P
Gesin met tieners
5.0
Dit was lekker. Het net 'n probleem met parkering gehad.
Apr 2024
Lee-ann T
Gesin met klein kinders
5.0
Tien uit tien. Ons het dit baie geniet. Sou wou graag langer bly, maar moes terug vir werk.
Apr 2024
Frans K
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend. Baie gerieflik met die hotelgeriewe beskikbaar.
Mrt 2024
Venessa W
Saam met lewensmaat
5.0
Plek was heerlik. Die verblyf was fantasties. Sal definitief teruggaan.
Feb 2024
Nicel J
Saam met vriende
5.0
Uit die boonste gestoeltes baie rustig. Ons het baie lieflik gekuier.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 88

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Port Natal Laan 133, Riviera Hotel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Riviera Suite 18 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal Laan 133, Riviera Hotel, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4d6c4f0eb44a4c6dcd67b767713b31603b749697dd861c5593f51df78cb61810cf18887a5a330b75e4459fd7a2fbec7e5052?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4) 45 5 1 5 133 Port Natal Avenue Riviera Hotel 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1189214 22.1179019

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang