Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Riviersig Self-catering

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Chantelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 65

Op LekkeSlaap 10 jaar

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 55 resensies vir Riviersig Self-catering
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5
Frik D - Jul 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frik D

Lekker rustig.

Lekker gekuier by Riviersig Selfs-catering, baie om te doen vir die kinders en almal vriendelik. Danie by ontvangs is 'n yster en baie behulpsaam.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Hello Frik, baie dankie! Ons hoop om meneer en die familie gou weer te sien.

Riviersig Self-catering
Iddv P - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Iddv P

Rustig en netjies.

Riviersig is netjies versorg. Ons eenheid was mooi skoon en vars. Kort wel 'n slimmer plan as die stofie en oondjie kombo, dit is nie baie prakties as jy vir 'n gesin wil kosmaak nie. Mens voel veilig en die rivier uitsig is pragtig.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Goeie more Liezl, baie dankie. Ons hoop om mevrou en die familie gou weer te sien.

Riviersig Self-catering
Ina V - Jun 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Ina V

Enjoyed by all present.

We were a large group with young and old people. The staff were friendly and very kind. Extra effort was done by the staff to accommodate us so that we could have a space to gather and meet together. The gardens are maintained.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Hallo Ina, baie dankie. Ons hoop om julle gou weer te sien.

Riviersig Self-catering
Andre G - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre G

Absoluut fantasties.

Dit is so 'n pragtige en stil plek. Dit voëllewe daar is fantasties. Geriewe altyd baie skoon. Sal dit enige tyd aan beveel vir almal.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Hello Andre.

Ons hoop jy kom kuier weer vinnig vir ons.

Baie dankie

Riviersig Self-catering
Daniel S - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Daniel S

Het dit geniet, kliëntediens nie so goed nie. Geen oplossing op probleme ervaar.

Ons het Donderdag aangekom en is goed ontvang. Vrydagoggend het 'n dame rondtes kom doen. Ons het haar laat weet die lugreëling is foutief en dat die dakwaaier glad nie werk nie. Sy het gesê dat hulle kwotasies vir nuwe lugreëling aangevra het. Sy is intussen weg en ons het gedink sy sal ons dalk na 'n ander eenheid skuif of dalk iemand uitkry om na die foutiewe toestelle te kom kyk. Ons het niemand verder die naweek gesien nie. Die area is baie warm en lugreëling is 'n moet of dalk net 'n ekstra waaier voorsien. Verder was dit baie lekker gewees en sal vir seker weer besoek. Maak net seker alle toebehore werk voordat gaste inboek.

Maryann V - Apr 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maryann V

Dit is 'n baie rustige plek met net die natuur om jou.

Dit was 'n baie lekker naweek. Ons het die rustigheid baie geniet. Die huisies is baie mooi met alles wat jy nodig het tot jou beskikking.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie Maryann,
Bly ons kon bydra tot julle lekker naweek. Baie welkom om ons weer te besoek.
Riviersig-groete

Riviersig Self-catering
Lizel E - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizel E

Pragtig skoon, baie hulpvaardig en vriendelik.

Sal beslis weer gaan A+.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir jou komplimente Liezel. Julle is baie welkom.

Riviersig Self-catering
Kobie B - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kobie B

Vriendelike ontvangs en rustige, skoon verblyf.

Heerlike naweek saam met familie spandeer. Tarentaal het beslis voldoen aan al ons vereistes. Die huisie was netjies en skoon, dis lekker dat hierdie huis effens weg is van die ander - baie rustig gewees. Sal beslis weer besoek.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Goeiedag,

Baie dankie vir u terugvoer. Ons is bly dat u die verblyf aangenaam gevind het.
Besoek ons gerus weer.

Riviersig-groete

Riviersig Self-catering
Manie J - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Manie J

Skoon, netjies en vriendelik.

Baie rustig, netjies en skoon. Vriendelik ontvang.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Dankie vir u terugvoer. Ek is bly u het dit goed ervaar. Julle is altyd weer baie welkom.

Riviersig Self-catering
Linda K - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Linda K

We will be back!

Was very nice place to stay. We've enjoy the nature and quietness. We will be back!

Roland A - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Roland A

Quite relaxing place on the banks of the Olifants River, near Groblersdal.

Thoroughly enjoyed the quiet and natural beauty of this venue. It is a modest holiday place, good if you like being out in the countryside, enjoy fishing and like swimming in the two delightful swimming pools - not in the Olifants River as there are crocs, and we saw a large one. There was such a heavy storm the first night that the braai was put out by rain water coming down the chimney of the built in braai and the power was out for quite a long time, but apart from this our stay was relaxing and most enjoyable.

Riviersig Self-catering se terugvoer

We appreciate your feed back. You are most welcome to visit us again.
Regards

Riviersig Self-catering
Cornelia S - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornelia S

Uitstekend, baie netjies, baie voëllewe.

Lekker rustig, net wat ek nodig gehad na 'n besige jaar.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ons is verheug dat ons kon bydra om jou te verkwik na die besige jaar. Baie welkom om ons weer te besoek.
Riviersig-groete

Riviersig Self-catering
Johan V - Des 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V

Baie rustigte plek en baie mooi netjies en skoon.

Riviersig is 'n baie rustige plekkie en baie skoon en netjies. Die plek het 'n lekker warm- en koue swembad. Die eienaars van die plek is baie vriendelik en het my en twee klein seuns gasvry ontvang. Enige navrae het hulle so gou as moontlik terugvoering gegee. Daar is lekker visvangplekke en vrae gerus vir eienaar van visvangplek op klipbanke. Die plekkie is met alles toegerus en is nie nodig om iets saam te vat nie behalwe eie handdoeke. Sal beslis beplan om weer soontoe te gaan. Onthou ook om erdwurms saam te vat as jy met erdwurms wil vang.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir jou terugvoer Johan. Bly wanneer ons gaste tevrede hier weggaan.
Altyd weer welkom.

Riviersig Self-catering
Ansophia R - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ansophia R

Rustige en pragtige verblyf en alles groen, met 'n groot verskeidenheid voëllewe.

Rustige en gerieflike verblyf en ook vir tente. Groot verskeidenheid voëllewe was 'n verrassing. Sal beslis weer van die akkommodasie gebruik maak en ook aanbeveel. Vriendelike diens.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer. Ons is bly dat u dit by ons geniet het. U is altyd welkom.

Riviersig Self-catering
Ronel M - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ronel M

Puik.

Die plek was skoon en netjies. Baie stil langs die Olifantsrivier met baie voëls. Weg van al die geraas.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer en dat u die moeite daarvoor aangegaan het.
Ons is bly dat u die verblyf hier geniet het. Ons vertrou dat u weer hiernatoe sal kom, u is enige tyd welkom.

Riviersig Self-catering
Gerhard V - Jul 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard V

Bekostigbare rustigheid.

Maklike bespreking, vriendelike diens, baie skoon en netjies, plekkie ten volle toegerus met gemaklike braai op stoep. Baie rustige atmosfeer met uitkyk oor die rivier en natuur met pragtige sonsondergange. Die bed en kussings van die Mossie eenheid is van hoogstaande gehalte.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer. Ons is altyd verheug as ons gaste volkome tevrede was. U is altyd welkom om ons weer te besoek.

Riviersig Self-catering
Lilanie G - Mei 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lilanie G

Oulike plekkie en was netjies en skoon en baie rustig.

Sien sterre.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer, ons waardeer dit. U is baie welkom om ons weer te besoek.

Riviersig Self-catering
Rineke V - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rineke V

Vriendelike ontvangs, verblyf baie netjies en skoon, aangename ontvangs.

Baie vriendelike ontvangs deur Rita. Verblyf was pynlik netjies en skoon. Baie goed toegerus!

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u positiewe terugvoer, ons is verheug dat ons akkommodasie u beïndruk het. U is altyd baie welkom.

Riviersig Self-catering
Zerelda V - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zerelda V

Excellent stay at Riviersig.

I needed tranquillity and time with nature - Riviersig exceeded my expectations. The area is peaceful and the sounds of nature are heard throughout the day and night. The accommodation was clean and well maintained - we did not need for anything. The reception was friendly and helpful. We will definitely visit again.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Thank you so much for your feedback.
Glad that we did not disappoint.
We are looking forward to welcome you again.

Riviersig Self-catering
Yolandi O - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Yolandi O

Pragtig, rustig en bekostigbaar!

Pragtige plekkie. Lekker om te ontspan en veilig.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Dankie. Ons is altyd bly wanneer ons gaste dit aangenaam gevind het.

Riviersig Self-catering
Christa M - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christa M

Uitstekend!

Wonderlike ervaring gehad saam met familie. Het aanvanklik 2 huisies bespreek, maar het na 8-bedhuis verskuif sonder enige probleme. Eienaar was uiters huplvaardig en tegemoetkomend. Die huis het alles gehad wat ons nodig gehad het, en was baie skoon en netjies. Diens was uitstekend! Sal vir seker weer daar bly in die toekoms.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u positiewe terugvoer. Ons sien uit daarna om u in die toekoms weer te ontvang.

Riviersig Self-catering
Derick M - Apr 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Derick M

Lieflike plek!

Baie lekker gekamp naby genoeg aan Loskopdam om te kon deurry vir die marathon.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie. Bly dat u tevrede was.
U is altyd welkom.

Riviersig Self-catering
Emile B - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Emile B

Rustige verblyf.

Ons het lekker gekamp. Die grasperk is uitstekend en die mense het veral die warmwater-swembad geniet.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer. Ons is altyd bly as ons gaste n aangename ervaring gehad het.

Riviersig Self-catering
Coen B - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Coen B

Was baie aangenaam. Eienaars werklik gawe mense. Baie mooi omgewing.

Sal graag weer daar wil bly. Dit was baie skoon en netjies. Naweek-tentkampers moet net nie toegelaat word om die swembad-area so toe te kamp nie. Ander inwoners voel ongemaklik om die swembadgeriewe te gebruik.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Dankie vir u terugvoer. Ons waardeer dit. Soos u gesien het is ruimte beperk en sommiges gaste wil graag naby die swembad kamp sodat hulle konstant n oog oor hul kinders kan hou.
U is baie welkom om ons weer te besoek.

Riviersig Self-catering
Allison B - Sep 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Allison B

Rustig en mooi.

Ons het regtig baie lekker gekuier. Dit is 'n ideale plekkie vir 'n gesins-wegbreek. Dit is nie oorbevolk nie wat dit maklik maak om rustig te kuier terwyl die kinders lekker swem en baljaar. Die staff is ook baie vriendelik. Ons sal graag weer 'n draai gaan maak. Die chalet was net baie stowwerig en ons moes eers als afstof en uitvee toe ons daar aankom. Iets wat reggekry moes word voor ons aankoms. Selfs die stoele was vol honde of kathare en ons moes dit skoon borsel.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Goeiedag Allison.
Ek is werklik jammer dat die chalet se netheid nie na u verwagting was nie. Ons poog om nie ons gaste teleur te stel nie en daarom versoek ek by inboek altyd dat gaste my onmiddelik skakel sou iets nie na wense wees nie. Daarom is ek ongelukkig daaroor dat u nie tydens u besoek die toedrag van sake dadelik onder my aandag gebring het nie en ek dus nie instaat was om u grief dadelik te hanteer nie.

Riviersig Self-catering
Leon F - Feb 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Leon F

Baie rustig.

Netjies, skoon, vriendelik. Lekker naweekwegbreek.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ons is baie bly dat u dit geniet het. U is altyd welkom.

Riviersig Groete.

Riviersig Self-catering
Claire K - Mrt 2018
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Claire K

Heerlik ontspan, baie dankie!

Ons het heerlik ontspan, alles was skoon en netjies.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u positiewe terugvoer. Verheug indien ons gaste 'n aangename tyd by ons spandeer het. U is altyd baie welkom om ons weer te besoek.

Riviersig Self-catering
Jan E - Sep 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jan E

Baie mooi plek wat mooi netjies is.

Het 3 aande daar gekamp en dit was baie lekker. Die badkamers is mooi skoon en mens kan lekker uitrus op die walle. Ons verblyf was heerlik, die plek is baie netjies en goed versorg. Verder het ons lekker gekuier en die uitsig op die rivier is baie mooi. Sal beslis weer soontoe gaan.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie ons waardeer u terugvoer. U is altyd welkom.

Riviersig Self-catering
Bessie K - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Bessie K

Aangenaam en baie geskik vir 'n familiefees.

Bert en Rita was baie gasvry en bereid om te help met enigiets wat ons nodig gehad het. Die warm swembad was 'n groot bonus vir ouer mense en klein kindertjies in ons groep. Die oord is baie netjies versorg - baie dankie.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ons is baie bly dat u u verblyf aangenaam gevind het. U is altyd welkom. Dankie vir u terugvoer.

Riviersig Self-catering
Elsie F - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elsie F

Heerlik rustig in 'n pragtige, groen omgewing.

Ons het die stilte geniet, voor die vakansiegangers gekom het. Alles was netjies en skoon, en die reën op die eerste dag was nog lekkerder! Regtig aan te beveel.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u terugvoer. Ons waardeer dit. U is baie welkom om ons weer te besoek.
Riviersig-groete

Riviersig Self-catering
Ina M - Mrt 2017
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ina M

Baie rustig.

Die plek is baie rustig en ons het heerlik gerus. Die natuurskoon is kos vir die siel.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ek waardeer u terugvoering. Ek is bly as u dit rustig en aangenaam gevind het.

Riviersig Self-catering
Claudette C - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Claudette C

Lekker!

Het 'n baie lekker tyd daar gehad!

Susan K - Okt 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Susan K

Ons het lekker ontspan en saam gekuier!

Riviersig is 'n rustige boomryke plek met heelwat voëls. Dit het heeltemal voldoen aan ons behoefte vir 'n klein familiebyeenkoms.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir u positiewe terugvoer. Ons is bly dat u dit geniet het.

Riviersig Groete

Riviersig Self-catering
Gerda W - Feb 2017
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Gerda W

Baie rustig.

Dit was rustig en skoon. Dit sou goed wees om 'n TV-kaart en handdoeke in die kamer te kon kry.

Riviersig Self-catering se terugvoer

By bevestiging van 'n bespreking word inligting aan die gas gestuur. Hierin word genoem dat gaste eie handdoeke moet voorsien so ook 'n dekodeerder vir die TV. Ek is nie seker wat met TV kaart bedoel word nie.

Riviersig Self-catering
Louise H - Jul 2017
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
4/5
Louise H

Waarde vir geld.

Alles is op hul plek. Twee badkamers vir 5 persone is baie gerieflik, skoon en netjies.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Dankie vir u terugvoering. Ons waardeer ons gaste se insette.

Riviersig Self-catering
Maggie J - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maggie J

Awesome.

Ek het eers onlangs 'n lisensie gekry, dus het ek nog nie baie rondgereis nie maar sal verseker weer terug gaan na Riviersig - die plek is awesome, bekostigbaar en rustig.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ons waardeer u terugvoer. Bly indien u tevrede is.
Kom kuier gerus weer.

Riviersig Self-catering
Johan V - Jun 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V

Baie goed.

Baie goed en bekostigbaar.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoering.

Riviersig Self-catering
Bartho V - Apr 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bartho V

Baie mooi plek wat mooi netjies is.

Het net een aand daar gekamp en dit was baie lekker. Die badkamers is mooi skoon en mens kan lekker uitrus op die walle.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie.

Riviersig Self-catering
Marché D - Jan 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marché D

Baie gerieflike verblyf in 'n pragtige omgewing.

Ons verblyf was heerlik - lekker matrasse en baie netjies. Alles wat mens nodig het. Dit is ook gerieflik naby Groblersdal.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir die terugvoer, dit is altyd 'n vreugde om te weet die gaste is tevrede.

Riviersig Self-catering
Marie D - Des 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
5/5
Marie D

Rustig.

Baie lekker gerus, geen geraas.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Ons is baie bly dat u lekker kon rus.

Riviersig Self-catering
Elize C - Mrt 2016
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Elize C

Baie netjies en ons het lekker gerus.

Hou nie van die enkelplekkies nie, jy is glad nie privaat nie. Weet almal se doen en late.

Johan P - Mei 2016
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan P

Privaatheid was vir my 'n probleem en dis baie klein, maar mooi skoon en netjies.

Die plekkies is regtig skoon en netjies. As 'n groep albei plekkies bespreek sal dit lekker wees, maar ek het nie daarvan gehou dat my bure so in 'n mens se spasie is nie - sal nie gemaklik voel om ook buite te kuier as hulle dieselfde spasie deel nie. Ons het gelukkig net daar geslaap en elders gekuier.

Carlise H - Des 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carlise H

Baie rustig en vreeslik mooi.

Ons het baie lekker gebly. Die badkamers was besonders netjies, die warmwaterswembad was 'n wenner en ons het permanent in hom gesit. Sal beslis weer soontoe gaan.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie. Ons waardeer alle terugvoer. Sien uit daarna om u weer te ontvang.

Riviersig Self-catering
Elize B - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize B

Heerlike en stil omgewing om in te rus en die batterye te herlaai.

Ons het heerlike gerus tydens die 2 aande wat ons hier gebly het. Dit was stil en ons kon goed uitrus. Die eenheid het alles wat nodig is. Die rivier en natuur is 'n absolute bonus. Ons sal hierdie plek aanbeveel vir enige een wat verblyf in die Groblersdal omgewing benodig.

Maryann V - Apr 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maryann V

Ons het die rustigheid baie geniet en ons kon saamkuier terwyl die mans visvang vanaf ons eie stoep.

Die chalets is baie modern en ten volle toegerus. Ons was baie verras met die chalet. Daar is ook 'n warm water swembad wat die kinders baie geniet het en ons het ook die onderdak braai baie geniet terwyl dit gereën het. Die gasheer en gasvrou was ook baie vriendelik en hulpvaardig. Baie dankie vir 'n wonderlike naweek. Dit was ons 2de keer en ook nie die laaste keer nie.

Wouter C - Mei 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wouter C

Die verblyf was fantasties, baie skoon, goed toegerus, op die rivier se wal. Rustigheid was fantasties.

Ons het baie lekker gebly in die Tarentaal-chalet. Waarde vir geld en baie skoon en netjies en goed toegerus.

Japie M - Mrt 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Japie M

Die eenheid is baie gerieflik. Naby Groblersdal en gholfbane.

Waarde vir geld in vergelyking met ander akkommodasie in die omgewing. Die rivier omtrent op die stoep is 'n wenner. Baie dankie!

Elize M - Des 2015
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elize M

Ons het lekker gekuier en die kinders het lekker geswem.

Plek is baie netjies en goed versorg. Dit was baie warm en lugversorging in die kamers word aanbeveel. 'n Buitebraai sal lekker wees onder die bome want die stoep is baie warm. Verder het ons lekker gekuier en die uitsig op die rivier is baie mooi.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Die hele SA gaan gebuk onder n hittegolf. Dit is te verstane dat dit oral warm is. Lugversorgers in elke vertrek sal noodgedwonge die tariewe laat verhoog en ons poog om die akkommodasie bekostigbaar te hou. Los braaiers onder bome sal tot gevolg hê dat die bome van die vlamme en hitte beskadig word.

Riviersig Self-catering
Werner E - Feb 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner E

Dit was vir ons baie lekker om na 'n lang dag se atletiek daar te rus.

Dis die ideale plek om te rus en te ontspan met vrou en kinders.

Corlaine K - Aug 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Corlaine K

Baie lekker gekuier en sentraal geleë.

Goeie verwelkoming, ideaal vir gesinne en families, netjies, versorg en goeie diens.

Kentucky V - Nov 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Kentucky V

Uitstekende oornag- en hengelgeriewe.

Dit is maklik toeganklik en veilig op perseel. Baie mooi ligging en 'n plek om af te saal en te rus.

Riviersig Self-catering se terugvoer

Baie dankie vir terugvoer. Bly wanneer gaste dit geniet het.

Riviersig Self-catering
Anton E - Apr 2015
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Anton E

Rustig en aangenaam.

Die plek is netjies, skoon en rustig.

Marelia J - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marelia J

Baie aangename verblyf, veral as mens van die rustigheid van die natuur hou.

Die natuurgeluide van vroegoggend tot in die aand, was 'n aangename ervaring. Die saamgestelde Chalets het gemaak dat ons nooit te alleen gevoel het nie, maar dit was steeds privaat genoeg. Die oord is ook vêr genoeg en naby genoeg aan die beskawing. Ons was twee vrouens wat alleen daar gebly het, maar het nooit onveilig gevoel nie. Die oord bestuur is baie goed. Alle fasiliteite word goed onderhou en versorg. Die natuurlewe is 'n pluspunt vir my. Voëlkykers moet beslis hul voëlboeke en vêrkykers onthou.

Antoinette S - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Antoinette S

Rustig!!!

Ek sal net 1een aanbeveling maak: die 3-bed chalets benodig beslis 'n tafel. Ons het egter baie lekker ontspan en reeds die plek vir vriende aanbeveel.

Riana S - Des 2014
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Riana S

Rustige naweek langs die rivier.

Lekker rustige plekkie vir 'n eenvoudige wegbreek.

Vanaf
Vanaf R500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 68 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Renosterkop 216, Loskop Suid, Groblersdal, 0470, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE4N2NkMjY4LWUyMTUtNDdlNy05YWQwLTVkZDUxNmIyNjRkNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R500 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 216 Renosterkop Loskop South 0470 Limpopo 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -25.229053294723 29.456093204286

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang