Rock Cottage
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D180-pad, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 350 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Rock Cottage is 'n knus, afgeleë selfsorgkothuis met slaapplek vir 6 gaste. Die kothuis is op 'n privaat plaas in die Mabalingwe Wildreservaat geleë.
Dié eenheid, wat oor 'n paar verdiepings strek, bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders, of 6 volwassenes, en dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is ook 2 enkelbeddens in die solderkamer en, vir gaste se gerief, word linne en handdoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, ysmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe, en maaltye kan by die etenstafel geniet word.
Gaste kan heerlik in die leefarea ontspan waar daar 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi is. Die leefarea lei na 'n beskutte stoep en buite is daar boma-braaigeriewe en 'n plonspoel met 'n uitsig oor die reservaat vir gaste se gebruik.
Die reservaat spog met 'n verskeidenheid geriewe en aktiwiteite wat wildritte, perdry-wildkykuitstappies, koue- en warmwaterswembaddens en 'n buitelug-spa insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Leefarea
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.2/5
Lynette Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 268
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die D180-pad, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Gaste dink Rock Cottage het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die D180-pad, Mabalingwe Wildreservaat, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang