Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rondawel Guest Farm

Gastehuis
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rondawel Guest Farm is 'n gastehuis wat deur die eienaar bestuur word en is op 'n werkende plaas geleë net duskant die N1 snelweg, 38 km vanaf Richmond in die Noord-Kaap. Dis ideaal vir 'n gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek of oornagplek, ver verwyder van die stad se rumoer.

Verblyf bestaan uit 4 rietdakrondawels, met slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Elke rondawel is smaakvol versier en het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-of aparte badkamer. Elke eenheid het waaiers, verwarmers, elektriese komberse, 'n yskassie, en tee- en koffiemaakgeriewe.

Heerlike etes en drankies kan teen ekstra koste gereël word en word in die losstaande rietdak-eetarea bedien. Daar is ook 'n gemeenskaplike kombuis wat goed toegerus is vir selfsorg, en braaigeriewe kan vooraf gereël word. Gaste kan op warm dae in die sementdam baljaar en daar is 'n klimraam vir kinders.

Veilige parkeerplek word agter afstandbeheerde hekke voorsien. Vir die avontuurlustiges is daar ook bergfietsroetes en geleenthede vir voëlkyk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 246 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Lerisha V
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties. Die verblyf was baie veilig en skoon, ons het ons kar seergemaak en hulle was baie behulpsaam. Ek sal dit aanbeveel.
Des 2024
Annike M
Saam met lewensmaat
5.0
A women's stylish touch. The best value for money and classy spot in the Karoo. Loved braaing in the lounge from my leather couch, and ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Jaritha V
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek geleë op die N1 vanaf Johannesburg na Kaapstad. Ons het vreeslik lekker gebly. Skoon, netjies, en die lekkerste aandete!
Nov 2024
Lizelle V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtig, veilig en rustig. Veilige netjiese plekkie naby die N1 vir oorslaap oppad na vakansiebestemming.
Okt 2024
Linda L
Saam met lewensmaat
5.0
Dis 'n baie netjiese en skoon blyplek, doelgeskik en maklik toeganklik. Ja, die verblyf was lekker. Baie netjiese en skoon, maklik toeganklik en 'n le...
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Tereza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 246

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Rondawel Guest Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rondawel Plaas, Richmond N.C, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAac8b02c08f7512acf7ec6b6cbf50ddda0f024b82b42a63325bdc7054a8eff30d38b7b08cb7bccb08a568a39ef0b6f0d146ed?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 246 5 1 5 Rondawel Farm Richmond N.C 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -31.509027777778 23.615027777778

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang