Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rooibank

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 13 & 16 Rooibankplaas, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rooibank skuil in die Dinokeng Groot-5 Wildreservaat in Gauteng. Ons bied verskeie verblyf-opsies op 'n werkende plaas.

Eden’s Den is 'n luukse vierslaapkamerhuis wat van klippe op die plaas gebou is. Dié rondawel-tipe huis het 2 verdiepings en is modern toegerus. Die slaapplek en die badkamers is op die boonste verdieping. Die kombuis is onder en ten volle toegerus vir 8 mense (voorsiening kan gemaak word vir meer mense).

Bushveld House beskik oor 4 slaapkamers met dubbelbeddens en 2 badkamers met storte. Daar is ook 'n kombuis, skottelgoedwasser, eetkamer en groot sitkamer in die huis. Die eenheid het 'n groot onderdakstoep met braaigeriewe en daar is onderdakparkeerplek.

Daar is ook 3 chalets op die plaas. Elke chalet het 'n selfsorgkombuis en 'n eetarea. Elke kombuis is ten volle toegerus en kombuisgerei word voorsien. Die chalets het lugversorging en TV's met sekere DStv-kanale. Elke chalet het ook 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens, 'n en suite-badkamer, en 'n privaat patio met 'n tafel, stoele en 'n braai.

Die verblyf is selfsorg en gaste mag dalk die swembad en buitebadkamergeriewe met ander gaste deel. Die eiendom maak gebruik van groot kragopwekkers en word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 75 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Anneke K
Saam met vriende
5.0
We really enjoyed our stay at Rooibank. We will definitely be back. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Zelda-marie H
Gesin met tieners
5.0
Ons het heerlik gebly. Sien sterre.
Jul 2024
Rene M
5.0
Puik! Sal weer hier oorbly. Ons het baie lekker gebly. Lekker groot huis met 'n lieflike stoep. Super netjies en skoon. Gashere was baie vriendelik en...
Sien meer
Apr 2024
Bianca A
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik, mooi, gerieflik, skoon en netjies. Ons het baie lekker gebly. Die huis is skoon, netjies en baie gerieflik. Die gasheer is fantasties!
Apr 2024
Rudi M
5.0
Rus vir die siel en prentjiemooi! Ons het heerlik gebly en die plek is prentjiemooi. Die foto's kan nie die plek regtig vasvang nie en moet self belee...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Helene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 75

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Deel 13 & 16 Rooibankplaas, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Rooibank het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 13 & 16 Rooibankplaas, Dinokeng Wildreservaat, Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7ee8791aa5974d1d6816ce7942c79555a7404d74790210e1262bda8e8fc80d628aeecf69a947ef7393f9813569c3342ee963?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 75 5 1 5 Portion 13 & 16, Rooibank Farm Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.366723896878 28.367937701477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang