Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rooidam Cottages

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 585 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Cari B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Feb 2025

Sien binnekort weer! Perfekte oornag plekkie, ons wens ons kon langer bly. Aanwysings is duidelik en maklik om te kry. Die gasvrou en gasheer was wonderlik en het ons uitgehelp met heerlike braai pakkies en hout. Die kamer was netjies en aircon was baie welkom. Die plaasdam was skoon en wonderlik gewees na 'n lang dag op die pad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Felicia L
1 nag
5.0
Feb 2025

Verskriklike mooi, netjiese plekkie. Voel sommer dadelik tuis. Verskriklike mooi, netjiese plekkie. Voel sommer dadelik tuis. Baie vriendelike gashere.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries V
1 nag
5.0
Jan 2025

Soos om by ou vriende te kuier. Om by Rooidam te oornag, is soos om by ou vriende te kuier. Alles is rustig en gemaklik. Ek het weereens heerlik gebly en alles was skoon, netjies en gerieflik. Ek beveel Rooidam steeds met graagte aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anneek V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Die Karoo bly maar mooi! Ons het baie lekker oornag by Janfrederik, net genoeg wat 'n mens nodig het. En die dam was 'n wenner vir ons hele gesin!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leon M
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Ons tipe plek en mense! Ons tipe plek! Ons tipe mense! Julle gasvryheid en vriendelike ontvangs is verslawend. Netheid is verstomend. Die natuurskoon is ontspannend. Ons en die kinders het elke sekonde so welkom gevoel. Rusplek vir oud en jonk. Baie dankie, julle gaan ons vir seker weer sien.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Andre'
Rooidam Cottages
Ahw baie dankie, Leon. Ons waardeer dit groot!

Lynette H
1 nag
5.0
Jan 2025

Lekker en gemaklik geslaap. Baie lekker geswem in die dam. Was 'n lekker oorslaap.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hugo R
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

Besonderse ervaring met ware Karoo gasvryheid! Dit was die perfekte middeweg met goeie diens en netheid. Die ervaring is eg met ware Karoo gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adri H
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Jan 2025

My nuwe gunsteling. Die plekkie is pragtig. Dit het daardie outydse plaashuis gevoel, maar met al die moderner luukshede. Die groot yskas was vir ons 'n seëning, want ons het 'n klompie vleis saamgebring van die Vrystaat af. Hier is so baie om te doen en te sien dat die televisie nie eers aangeskakel was nie. Baie dankie vir die vriendelike ontvangs en selfs die aanbeveling vir 'n motorwerktuigkundige toe ek noem dat die bakkie probleme gee. Dankie ook vir die vinnige reël vir die hout, vleis en Coke toe ons op die ingewing van die oomblik besluit het om te braai. Die stort en die swem in die dam was lieflik. Ons sien julle beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andries V
1 nag
5.0
Jan 2025

Puik soos altyd. Dis lekker om gereeld terug te gaan en te sien als is nog net so netjies en skoon soos altyd! Die lugreëling in die slaapkamers is vir my 'n groot bonus in die baie warm somers. 'n Mens weet wat om te verwag en ek is nog nooit teleurgesteld gewees in Rooidam nie - dankie vir die goeie diens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Stefan F
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jan 2025

Pragtige Karoo. Heerlik gebly. Skoon eenheid. Lekker geswem in die ou plaasdam. Eienaars vriendelik en gasvry.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Andre' Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 591

Op LekkeSlaap 15 jaar

Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rooidam-plaas, Britstown, 8782, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdlYzYxODg5LTgyYmQtNGIxNS05OGJlLTE2MWRmYTUxYmMzOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 585 5 1 5 Rooidam Farm Britstown 8782 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.674775 23.448811111111

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang