Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rooikop @ Breede River

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Infanta-weg, 54,5 km vanaf die N2, Breederivier, Overberg, 7798, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Rooikop @ Breede River bied 'n rustige wegbreek wat onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk is. Dit is 15 m vanaf die Breederivier se riviermond en hierdie selfsorghuis is 15 km vanaf die see. Die huis is op 'n 25 hektaar-perseel en word deur renosterbos omring.

Die huis is 'n houtraamtipe en is gerieflik maar nie luuks nie. Dit is amper onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk en maak staat op reënwater wat in tenks gestoor word en dit het 'n baie basiese sonpaneelstelsel.

Dié huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede en derde slaapkamer elk 2 enkelbeddens het. Gaste deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Geen beddegoed word voorsien nie. Gaste moet hul eie handdoeke, lakens, kussings, duvets en komberse saambring. 'n Aantal duvet-binnegoed, matrasbeskermers en kussings word voorsien.

Die kombuis is met 'n sonaangedrewe-yskas, gasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is sonkragligte, 'n gaswaterverwarmer en watertenke. Daar is 'n etenstafel en sitarea met rusbanke. Omdat daar geen 220V-kragtoevoer is nie, is daar geen mikrogolf of oond of soortgelyk nie.

Die verblyf het minimale krag wat deur sonkrag voorsien word en daar is reënwater. Die naaste huis is 200 m ver.

Daar is 'n braai-area en 'n jetty wat 25 m in die rivier in strek.

Let asb. dat daar 'n hoë brandgevaar in die droë seisoen is. Gaste wat dus wil vuurmaak of braai, moet dit te alle tye goed monitor. Indien dit baie winderig is, is die risiko vir 'n veldbrand aansienlik hoër.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Ligging

  • Infanta-weg, 54,5 km vanaf die N2, Breederivier, Overberg, 7798, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Infanta-weg, 54,5 km vanaf die N2, Breederivier, Overberg, 7798, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfc55860ac32c38485ef136690f00f75f6c16b5f1bfdbcc91319f43a9b9f02baed1e4ce5aec55cbec2da904787471a7224eef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6) Infanta Road, 54.5 km from N2 Breede River 7798 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.379535791937 20.718530564926

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang