Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Roratau Tented Bush Camp

Tentekamp
Weeksdagaanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 29 Apr 2024 tot 28 Nov 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • Vanaf R1 300 R867 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Roratau Tented Bush Camp is in die Leeuwgedacht Bewarea en bied verblyf in gerieflike permatente.

Daar is 5 tente met 'n elektriese heining, Koedoe en Sebra wat albei slaapplek vir 2 het, en Blesbok, Blouwildebees en Rooibok wat almal slaapplek vir 4 het. Die tente met slaapplek vir 2 beskik oor koningingrootte-beddens, en die tente met slaapplek vir 4 gaste beskik oor koningingrootte-beddens en 2 enkelbeddens. Elke tent het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring.

Elke tent het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, yskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is egter nie mikrogolfoonde nie. Elke tent het ook braaigeriewe langs die privaat swembadjie wat deur die son verhit word, sowel as skadu-parkeerplek. Hout en ys is by die kamp te koop.

Daar is 'n boma met 'n braai-area vir groepbesprekings en daar is 'n restaurant en kontantkroeg met DStv stapafstand vanaf die tente by die aangrensende lodge en dagspa.

Roratau beteken "plek waar die leeus brul" en is ideaal as jy snags die leeus, hiënas, jakkalse en uile se geroep wil hoor. Die kamp spog ook met 'n hele klomp ander wildspesies, soos koedoes, rooihartbeeste, blouwildebeeste, blesbokke, sebras, kameelperde en vlakvarke wat vanaf die tente gewaar kan word. Daar is 'n hele rits voetslaan- en bergfietsroetes in die omgewing en wildritte kan op versoek gereël word.

Ongelukkig word geen selfry-wildkyk toegelaat nie. Wildritte kan by die kamp bespreek word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 218 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Wat gaste dink
Jacobus V
Saam met lewensmaat
5.0
Ons is spoedig weer daar! Dit was fantasties. Skoon, goed onderhou, privaat, rustig en die naggeluide (leeus) is 'n bonus.
Jul 2024
Stephan V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie nice lekker omgewing en maak 'n mens tuis voel. Baie lekker gewees, sal dit vir seker aanbeveel.
Jul 2024
Christiaan D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker plek, alles was baie netjies, en stil. Ons het baie lekker gebly. Was 'n baie lekker en rustige naweek. Die wildrit was ook eersteklas, on...
Sien meer
Mei 2024
Anina V
Saam met lewensmaat
5.0
Rus vir jou siel. Ons het dit baie geniet en heerlik gerus.
Mei 2024
Frik P
Saam met lewensmaat
5.0
Die plek is baie mooier as wat die foto's voorstel! Baie lekker naweek en dit in Gauteng, spoegie van Pretoria af. Ons sal weer en weer terug gaan wan...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rob Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 218

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • Gaste dink Roratau Tented Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 300
R1 300 R867
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 300
R1 300 R867
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgedacht-plaas, Langs die R628, Tshwane, 0001, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA71c81610726684c358f5775ce00ac7e85e164d6b9dae424eb8779cd5996fe75a2ff6961b218eabacb67011f0b579598ef4c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 300 nouVanaf R867 per nag, vir 2 mense 218 5 1 5 Farm Welgedacht Off the R628 0001 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.481325964715 28.466952998084

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang