Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rose Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Vanaf R702 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rose Cottage is 'n selfsorggastehuis in Gariepdam, halfpad tussen Johannesburg en Kaapstad, en net 5 minute van die N1 af. Dit is die ideale oornagplek vir moeë reisigers en besoekers wat die aand wil oorbly of vir diegene wat 'n paar ekstra dae wil vertoef om die pragtige Gariepdam en omliggende omgewing wil verken.

Rose Cottage is verdeel in 6 eenhede wat oor 2 persele versprei is. Hammerkop, Suikerbekkie en die Golden Unit het elkeen 'n ten volle toegeruste kombuis, en Rooibekkie, Swallow, Falcon en Mossie het elkeen 'n kombuisie met 'n stoof, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe. Al die eenhede het en suite-badkamers, TV's en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar. WiFi is in sekere eenhede beskikbaar.

Kom geniet uitstekende doendinge soos seiljagvaarte, visvang, wildreservate en die Gyro-paradys wat die Gariepdam is. Hier is ook supermarkte, restaurante, kroeë en oulike kafees. Die Gariepdam is net 40 km van Colesberg af en is Suid-Afrika se grootste dam. Let asb. daarop dat daar nie 'n direkte uitsig van die dam vanaf die perseel is nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 360 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.4
Veiligheid
4.1
Gaste se hoogtepunte
Karin S
Saam met vriende
5.0
Baie skoon en netjies. Meer as genoeg vir net oorslaap. Aangenaam verras en sal definitief kan aanbeveel.
Des 2024
Wilna W
Saam met lewensmaat
5.0
Aangenaam, gemaklik, baie skoon en netjies en die gasheer was vriendelik en verwelkomend. Baie vriendelike ontvangs. Ons het besonder lekker geslaap o...
Sien meer
Des 2024
Roelof H
Saam met lewensmaat
5.0
Puik, netjies en gerieflik. Was uitstekend gewees.
Nov 2024
Ilze L
Gesin met tieners
5.0
Skoon netjiese ruim veilige gastehuis. Baie netjiese skoon plek. Alles wat jy nodig het vir oorslaap. Waarde vir geld. Vriendelike eienaar.
Okt 2024
Sonnet V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflik en mooi. 2de keer wat ons hier oorbly. Baie gerieflik en mooi.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

JH Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 818

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
  • Gaste dink Rose Cottage het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gariepdam Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 702
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 702
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hammerkopstraat 14, Gariepdam, 9922, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzu4qqyL550D7LFUGmtZbsFBM9nRr9A16eRyphGBrwfrZbWSQpm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R702 per nag (plek vir 2) 360 5 1 5 14 Hammerkop Street Gariep Dam Village 9922 Vrystaat 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -30.594720124817 25.493478875649

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang