Rosebury Cottage
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valley View Road 24, Hoofweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rosebury Cottage is 'n grasdakkothuis in 'n rustige woonbuurt in Underberg, 'n pragtige plaasdorpie aan die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge in KwaZulu-Natal. Dié dorpie is 'n gewilde oorstaanplek vir gaste wat oor die Sanipas na of vanaf Lesotho reis. Underberg se stofpaaie, bergstrome, sandsteenberge, gesellige kroeë en vriendelike inwoners sal maak dat jy jou besoek aan dié geweste nog lank sal onthou.
Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en het 2 slaapkamers, 'n solder, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is nog 'n koningingrootte-bed in die tweede slaapkamer en die tweede badkamer het 'n bad, stort en aparte toilet. Die ruim solder het 'n dubbelbed en 3 enkelbeddens. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en daar is 'n gemaklike sitkamerstel. Dié ruim leefarea lei na 'n stoep.
Parkeerplek is langs die kothuis beskikbaar. Vir sekuriteit is daar 'n alarmstelsel en 'n paniekknoppie wat aan Berg Protection Services gekoppel is. Rosebury Cottage is ideaal vir gesinne, groepe of paartjies vir 'n vakansie, naweekwegbreek of as halfwegstop.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sue Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 74
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Valley View Road 24, Hoofweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Rosebury Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Valley View Road 24, Hoofweg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang