Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rosehaven Cottage

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Van Eeden-straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 R2 380 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Rosehaven is in die 1900's gebou en is al oor die jare opgeknap. Die huis is lig en die leefareas nooi gaste uit om te rus. Die hoë plafon en houtvloere is getrou aan die oorspronklike vorm van die huis en die aardse kleurskema en houtvuuroonde maak van Rosehaven die perfekte plattelandse wegbreek.

Hierdie huis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n groot venster wat 'n uitsig oor die pragtige tuin bied. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed. Gaste deel die badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook ‘n aparte woonstel met 'n privaat ingang, 2 enkelbeddens en 'n en-suite badkamer. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die sitkamer het gemaklike rusbanke voor 'n TV met Netflix, Showmax, Disney Plus, Amazon Prime en Mubi en bied toegang tot die privaat binnehoftuin. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die huis het ook 'n wasmasjien en 'n lieflike Dover-houtvuurstoof wat die kombuis heel jaar lank warm hou.

Die eetkamer het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en dit bied toegang tot 'n groot stoep. Hier kan gaste op 'n dagbed ontspan of 'n ete buite geniet. Die uitsig oor die boomryke roostuin vanaf die stoep is asemrowend.

Die stoep bied toegang tot die binnehof waar daar 'n groot braai en 'n plonspoel is wat 'n vakansie-atmosfeer skep. Die pragtige tuin is die ideale plek om te lees, voëls te kyk of die blomme te geniet. Die perseel bied veilige parkeerplek in 'n dubbeldeurmotorhuis en ekstra parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Noel D
Saam met lewensmaat
5.0
Highly recommended. All aspects of our visit were above expectations. The host, Braam, was very kind and helpful. So many small well we...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Gayle B
Saam met lewensmaat
5.0
Well worth a visit - it's just lovely! We were looking for peace and quiet at a comfortable cottage with a fireplace. We found it and m...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024
Corlea V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangename ontvangs, unieke huis, netjies en skoon. Ons het baie lekker gebly .
Nov 2023
Sue V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjies, goed geleë, vriendelike diens. Wat 'n plesier om hier tuis te gaan! Ons is baie vriendelik ontvang deur Braam. Die pragtige blommerangsk...
Sien meer
Mei 2023
Jenni V
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige huis en omheinde tuin vir troeteldiere. Braam was die beste gasheer en alles was perfek. Sien sterre.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Braam Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 23 Van Eeden-straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rosehaven Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 380
per nag, vir 6 mense
Vanaf R2 800
R 2 800 R 2 380
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 23 Van Eeden-straat, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfe7521b5be99163dbc33365a12cd43484fa327699b50d3e690b77990e5d2f5f8292fface485eb1c806ec72b029344683a70b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 800 nouVanaf R2 380 per nag, vir 6 mense 6 5 1 5 23 Van Eeden Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.0238151 20.4327955

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang