Rosenvilla
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melinastraat 45, Rosendal, 7550, Wes-Kaap
- Vanaf R950 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rosenvilla is 'n lieflike selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Rosendal. Dit is 'n uitstekende opsie vir sakereisigers en vakansiegangers.
Dié oopplan-woonstel is op die eerste verdieping en bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste. Dit het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon, wit linne en badhanddoeke word voorsien.
Hierdie woonstel met lugversorging het ook 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus is. Verder is daar 'n TV en gratis WiFi is beskikbaar. Gaste is welkom om hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring.
Die sitarea maak op 'n klein balkon oop en parkeerplek is in die oprit beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Melinastraat 45, Rosendal, 7550, Wes-Kaap
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Melinastraat 45, Rosendal, 7550, Wes-Kaap