Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rosewood Guest Cottage

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smalstraat 172, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R790 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rosewood Gastekothuis is 'n moderne kothuis wat onlangs opgeknap is. Dit is in 'n stil area in Vryheid geleë en loopafstand vanaf die middedorp.

Dié kothuis het slaapplek vir 3 gaste en is ingerig met 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -eetarea. Die hoofslaapkamer bevat 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee, koffie, melk en beskuit. Daar is ook 'n TV met volledige DStv en afstandbeheer-plafonwaaiers in die kothuis.

Die hoofslaapkamer loop via glasskuifdeure uit op 'n stoep wat met buitemeubels en braaigeriewe ingerig is en 'n uitsig oor die swembad en die tuin bied.

Gaste is welkom om van die swembad gebruik te maak. Veilige onderdakparkeerplek met afstandbeheer is op die perseel beskikbaar.

Jou gashere bied daaglikse skoonmaakdienste, is baie tegemoetkomend en sal hulle bes doen om jou verblyf by Rosewood Gastekothuis so gerieflik moontlik te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 28 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
James Barrie V
Besigheidsreis
5.0
Great host. Great host. Friendly and neat.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Colleen S
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable, luxurious and pleasant. Beautiful spot. The beautifully decorated room with quality linens made our short one night stay f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Anri V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie netjiese akkommodasie en vriendelike diens. Sien sterre.
Apr 2024
Osborne G
5.0
Excellent! The owner was very friendly and welcomed me with warm arms. The rooms are excellent, really neat and modern finishes. Loved ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2024
Elize W
Gesin met tieners
5.0
2 nagte se slaap daar en ek kan aan geen negatief dink nie. 10/10. Die verblyf was perfek. Vryheid het gereeld geen water nie. Geen probleem vir die v...
Sien meer
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Roslyn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Smalstraat 172, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Rosewood Guest Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vryheid KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R790
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R790
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smalstraat 172, Vryheid, 3100, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAef0cb43f49086e47f0113dd4b11e3de4664a6b41afa622ef96bb3ed551e3dc68947260f4e40fc4099f912f72931a0864af5a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R790 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 172 Smal Street Vryheid 3100 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -27.763003466607 30.789019408043

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang