Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rosewood Self-Catering

Naweekaanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 27 Aug 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13de Laan 130, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
  • Vanaf R900 R630 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Rosewood Self-Catering is in Gonubie, 'n gewilde vakansiebestemming naby Oos-Londen geleë. Gonubie is ook 'n uiters gewilde visvangbestemming en dis bekend vir die jaarlikse Surfer's Marathon en die Half Iron Man-kompetisie.

Verblyf word gebied in 3 eenhede: Rosewood Cottage bied slaapplek vir 4-6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer 'n oopplan-sitkamer en -kombuis. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer beskik oor 'n stort, bad, wasbak en toilet. Daar is ook 'n privaat ingang en braaigeriewe. Netflix, WiFi en onderdakparkeerplek word voorsien.

Rosewood Studio is 'n woonstel op die boonste verdieping met slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en 'n dagbed wat die grootte van 'n enkelbed is. Daar is ook 'n sitarea, 'n badkamer met 'n stort, en 'n kombuisie. Veilige parkeerplek word voorsien en daar is Netflix en WiFi. Daar is egter geen braaigeriewe nie.

Rosewood Annex is die ideale eenheid vir 'n sakereisiger of 'n paartjie. Dit is op die grondverdieping en beskik oor 1 kamer met 'n dubbelbed, 'n sitarea, 'n badkamer met 'n stort, 'n kombuisie, Netflix, WiFi en 'n braaiarea met sitplek buite.

Rosewood Self-Catering is stapafstand vanaf die Gonubie Gholfbaan en net 5 minute se ry van die idilliese Gonubie-strand en -winkelsentrum af. Verder is dit net 20 minute se ry van Oos-Londen se winkelsentrums, gholfbane en restaurante af. Dis net 30 minute se ry van wildplase en die pragtige Ooskus se oorde af.

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Stefan B
Besigheidsreis
5.0
Great place to stay for business and vacation. Pleasant stay and has everything when working away or going away on vacation. Safe shade...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Marlene R
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en naby alles. Baie lekker gebly. Alles was puik en netjies. Dankie vir vlink diens.
Des 2023
Andrew B
5.0
Absolutely perfect. Very very spacious. far more than what I required. Would truelly like to spend more time and included friends to sh...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2023
Corne V
Besigheidsreis
5.0
Friendly service. The service was great and the host was friendly. Will come back and tell my family and friends about this.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Willy R
5.0
Baie aangenaam. Goeie gasvrou wat baie behulpsaam was. Baie oulike woonstel wat alles het wat jy benodig. Goeie sekuriteit. Waarde vir geld.
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sharon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 13de Laan 130, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
  • Gaste dink Rosewood Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R630
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R630
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 13de Laan 130, Gonubie, 5257, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFjOWI0OTU2LTZiNTMtNDliYi1hMzI2LTI4YzhjOGE0ZmRiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R630 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 130 13th Avenue Gonubie 5257 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.949048989275 28.004925129935

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang