Rots 'n See Self-catering Villa
Kry 30% af vir verblyf voor 22 Desember 2024. Bespreekbaar tot 5 Nov 2024
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-rylaan 47, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
-
Vanaf
R6 900R4 830 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Rots 'n See Self-catering Villa is 'n selfsorghuis aan die kus in Franskraal, naby die bekende vissersdorpie, Gansbaai, in die Wes-Kaap. Dis perfek vir 'n groep vriende of 'n groot gesin op soek na gerieflike verblyf met 'n 180°-uitsig oor die see en doendinge in die omgewing.
Die huis beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers waarvan 3 en suite is. Die slaapkamers is ruim en toegerus met 'n dubbelbed of enkelbeddens en die badkamers het elk 'n stort of 'n bad met 'n wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien. Die kombuis, sitarea en eetarea is oopplan en die kombuis is toegerus met geriewe soos 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en nog ander toebehore.
Die sitkamer het 'n TV met die volle DStv-pakket en die eetkamer lei uit na 'n binne-kuierarea met braaigeriewe. Rots en See het ook 'n alarmstelsel en gewapende reaksie en gaste word gevra om die alarmstelsel te aktiveer wanneer hulle nie tuis is nie. Gaste kan walviskyk van die patio af gedurende die seisoene en daar is 'n dubbelmotorhuis vir voertuie.
Op die perseel kan gaste voëlkyk, visvang of snorkel by die rotse aan die agterkant van die huis. 'n Kort entjie se ry weg kan gaste 'n hele rits doendinge aanpak. Dit sluit in: voetslaan, duik, bootvaarte, haaihokduik, branderplankry, inkopies en lekker uiteet by restaurante.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Elektriese kombers
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 194
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Seaview-rylaan 47, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Rots 'n See Self-catering Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-rylaan 47, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang