Round Here Self-catering Holiday Home
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die Hoofweg, Waterfall Plaas, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Vanaf R4 800 per nag, vir 14 mense
Beskrywing
Round Here Self-catering Holiday Home is op 'n koppie sowat 1 km buite Sabie geleë en het slaapplek vir 14 gaste. Dit is 10 km vanaf Lone Creek Falls en 10,5 km vanaf Mac Mac Pools. Sabie bied verskeie restaurante, koffiewinkels en ander besienswaardighede. Aktiwiteite sluit die Bosbou Museum, voetslaan-, stap- en fietsryroetes in.
Dié verblyf bestaan uit die hoofhuis en 'n tweede huis wat verdeel word deur 'n onderdakstoep en 'n grasperk. Die hoofhuis het 3 slaapkamers en 2 badkamers waarvan 1 en suite is. Daar is ook 'n kombuis en leefarea. Die tweede huis het 2 en suite-slaapkamers, 'n tweede kombuis en 'n tweede leefarea.
Daar is 2 slaapkamers elk met 'n koningingrootte-bed. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed, sowel as 'n slaapbank en daar is nog 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n koningingrootte-bed. Die badkamers het storte of baddens, en sommige het albei.
Die kombuise is elkeen met 'n gasstoof, elektriese stoof, 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan etes in die eetareas geniet. Die huise het TV's met sekere DStv-kanale, Netflix en Spotify. Daar is onbeperkte WiFi en braaigeriewe.
Die hoofhuis lei na 'n dek met 'n uitsig oor die omgewing en die swembad. Die swembad word met trappe bereik en het nie 'n heining of 'n net nie. Die verblyf is omhein en die huis is aan gewapende reaksie gekoppel.
Round Here Self-catering Holiday Home word deur sonkrag en 'n batterystelsel aangedryf en word nie deur beurtkrag geraak nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Rudolf Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 40
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Langs die Hoofweg, Waterfall Plaas, Sabie, 1260, Mpumalanga
- Gaste dink Round Here Self-catering Holiday Home het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Sabie Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die Hoofweg, Waterfall Plaas, Sabie, 1260, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang