Route 25 Farmstead
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 7 Okt 2024 tot 13 Des 2024.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R25, Plaas Kameelzynkraal Erfdeel 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
-
Vanaf
R1 600R1 067 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Route 25 Farmstead bestaan uit 2 selfsorgeenhede op die eienaar se plaas, ongeveer 13 km buite Tierpoort, in Gauteng. Dis 'n ideale keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspannende toevlugsoord buite die stad.
Route 25 Farmstead 1 bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed en daar is 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Die eetarea het 'n groot etenstafel.
Route 25 Farmstead 2 bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en daar is 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die tweede slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n stort, bad, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die leefarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Daar is 'n groot etenstafel in die eetarea.
WiFi is in beide eenhede beskikbaar en linne en handdoeke word voorsien. Gaste het toegang tot 'n onderdakstoep met 'n etenstafel, braaigeriewe, 'n groot tuin en veilige parkeerplek op die perseel.
Die verblyf is ongeveer 47,6 km vanaf Pretoria se sakekern sowel as naburige voorstede waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan vind. Route 25 Farmstead is naby talle trou-venues, skietbane en fietsparke geleë.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Internet
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Kyla Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 8 maande
Ligging
- R25, Plaas Kameelzynkraal Erfdeel 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
- Gaste dink Route 25 Farmstead het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Gauteng
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R25, Plaas Kameelzynkraal Erfdeel 78, Bronkhorstspruit, 0181, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang