Roxy's Rest Guesthouse
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herman Ecksteinstraat 14, SW2, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
- Vanaf R790 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Roxy's Rest Guesthouse bied gerieflike verblyf op die eienaar se perseel in Vanderbijlpark naby verskeie restaurante, winkelsentrums, universiteite, gholfbane, die kasino en die Vaalrivier.
Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede wat elk 'n privaat ingang het en vir 'n paartjie geskik is. Al 3 eenhede saam is geskik vir 9 gaste. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die Roxy-kamer het 'n badkamer met 'n hoekbad, 'n stort en 'n toilet. Die Butterfly- en Bumble Bee-eenheid het elkeen 'n stort en 'n toilet. Hulle het ook elkeen 'n kombuisie met 'n mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n braai-area met braaitoerusting. Gaste moet asb. hul eie houtskool en vuuraanstekers saambring. Daar is veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek.
Gaste het die gebruik van hul eie privaat tuin met stoele en 'n tafel waar buitelugetes geniet kan word. Die hele erf is met elektroniese hekke omhein en beide kamers het 'n veiligheidsdeur voor die glasdeur.
Besienswaardighede in Vanderbijlpark sluit die Aquadome by Emerald Resort and Casino, Stonehaven on Vaal, Aquadome en die Vaal Mall, geskiedkundige besienswaardighede en gholfbane in. Water-aktiwiteite soos hengel, ski en bootvaarte kan op die Vaalrivier geniet word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Estelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 24
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Herman Ecksteinstraat 14, SW2, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
- Gaste dink Roxy's Rest Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Vanderbijlpark Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Herman Ecksteinstraat 14, SW2, Vanderbijlpark, 1911, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang