Royal Albatros
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Albatrosstraat 13, Gansbaai, 2770, Wes-Kaap
- Vanaf R2 240 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Royal Albatros is in Gansbaai, 'n vissersdorpie in die Overberg, geleë.
Die eiendom bied 'n pragtige uitsig oor Walkerbaai. Slegs fynbos en rotse is tussen jou en die see. Dis 'n ideale plek om te kom ontspan. Die omgewing is stil en veilig. Daar is volop staproetes en 'n veilige strandjie vir kinders loopafstand vanaf die woonstel. Gedurende die walvisseisoen, Junie tot November, word gaste getrakteer op walvisse reg voor die woonstel.
Die woonstel is die hele onderste verdieping en beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Albei slaapkamers het ook ononderbroke uitsigte oor die see en op die berge. Daar is 'n slaapbank vir 'n kind in die leefarea. Die woonstel bied WiFi en lugversorging in al die vertrekke.
Die leefarea is oopplan en die kombuisie beskik oor 'n yskas, 'n konveksiemikrogolfoond, 2 stoofplate, breekware en eetgerei. Die sitkamer het gemaklike leerrusbanke en 'n TV. Daar is 'n groot stoep voor die woonstel met 'n swembadjie, vir die uitsluitlike gebruik van gaste, en 'n keuse van 'n gasbraai of houtskoolbraai. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
24 gemaklike, breë trappe lei langs die huis af na die woonstel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Enkelslaapbank
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 13
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Albatrosstraat 13, Gansbaai, 2770, Wes-Kaap
- Gaste dink Royal Albatros het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Perlemoenbaai Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 5 persone
4 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Albatrosstraat 13, Gansbaai, 2770, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang