Dankie vir jou terugvoer. Ek is baie jammer dat julle nie lekker gebly het.
1. Security - 2/5 - Die woonstel het veiligheidshekke en diefwering. Ons het 'n sekuriteitsmaatskappy wat ons straat patrolleer dag en nag. Ons het 'n kamera buite die gebou wat 'n motion sensor het. Ek is jammer as julle onveilig gevoel het.
2. Location - 2/5 - Ons wys ons adres op LekkeSlaap. Ons is sentraal geleë. Ons is stapafstand vanaf restaurante, winkels en van die top skole in Paarl. Ek is jammer as julle gevoel het julle was te veilig van 'n spesifieke plek af.
3. Cleanliness - Ek adverteer nie dat skoonmaakdienste beskikbaar is vir gaste terwyl hulle vir net 3 dae nie. Ons maak wel woonstelle skoon vir ons gaste op versoek. Langtermyn gaste ontvang skoon beddegoed elke 7 dae en ons maak ook dan skoon.
4. Customer service - 3/5 - Ek is baie jammer dat julle voel ek was nie genoeg tot julle beskikking nie. Ek het regtig gedink julle sal die vrymoedigheid hê om my enigiets te vra. Siende dat jy 2 uur Sondag my gevra het om 'n pakkie in my persoonlike vrieskas vir julle te hou.
5. Value for money - Ek is jammer julle voel dat julle te veel betaal het.
6. Review - Ons het 3 verskillende hangareas in die kaste. Ek dink julle het dalk van die spasies gemis. Jammer daaroor. Ons het 'n sigprop in die wasbak. Die prop word afgedruk om te seël. Die prop kan nie uitgehaal word nie. Dis nuwe tegnologie.
Ek is baie jammer dat julle dit nie geniet het nie. Soos julle weet, ek bly in die woonstel reg oor kant Beauty. Julle kon net vir my gesê het dat daar iets fout is, dan sou ek dit dadelik reggemaak het.