Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rozelee Rest

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Vanaf R480 R432 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Rozelee Rest is in Sonheuwel in Mbombela (Nelspruit) en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of sakereisigers. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die N4-hoofweg, en besienswaardighede. Dit is ook 3 km vanaf die Medi-Clinic Hospitaal.

Die verblyf beskik oor 'n selfsorg eenheid en 'n enkelkamer. Die selfsorg-eenheid het 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n wasmasjien, strykgeriewe, gasstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n TV met Netflix en gaste het toegang tot gratis WiFi. Daar is 'n lessenaar met 'n lig beskikbaar vir sakereisigers.

Die enkelkamer het 'n driekwartbed en 'n suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste het toegang tot gratis WiFi en TV met Netflix.

Elke kamer het 'n plafonwaaier en gaste kan in die swembad afkoel. Die selfsorg-eenheid het ook lugversorging.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe waar gaste lekker saam kan kuier met 'n stoep en buite-tafel.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 53 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Ilse N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Baie lekker gebly. Skoon en netjies. Stil en rustig. Veilig. Sal daar oor nag bly.
Aug 2024
Mariette S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige ontspanne kuiertjie. Vriendelike ontvangs. Netjiese skoon plekkie. Alles wat mens nodig het. Sal weer daar oorslaap.
Aug 2024
Licia D
Saam met lewensmaat
5.0
Beautiful. Fantastic, thank you.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Estelle H
Saam met lewensmaat
5.0
Stylvolle, skoon en netjiese plek. Ons het ons 1 aand se verblyf by Rozelee Rest in Nelspruit baie geniet. Die plek is stylvol versier, baie skoon en ...
Sien meer
Aug 2024
Annelie D
Saam met lewensmaat
5.0
Bekostigbaar, skoon en netjies met alles wat ons nodig gehad het. Gemaklike bed. Ons het baie lekker gebly.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Whanita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 53

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
  • Gaste dink Rozelee Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R480
R480 R432
per nag (plek vir 1)
Vanaf R480
R480 R432
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Augustastraat 36, Sonheuwel, Nelspruit, 1200, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdc71e3ba88c5765975792d8e959e403acde3cd7cbcce25b0d781f2d3f776d03bf20ff4f06d77f8463f23df667bbc4368dce5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R480 nouVanaf R432 per nag (plek vir 1) 53 5 1 5 36 Augusta Street Sonheuwel 1200 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -25.487849 30.974547

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang