Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ruah Park Cottage

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 68, Leeuwkloof, Roodeplaat, 0186, Gauteng
  • Vanaf R1 430 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ruah Park Cottage is ongeveer 45 tot 50 km vanaf sentraal Pretoria geleë. Die plaas is ook naby die Dinokeng Natuurreservaat, en die vallei van die Bobbejaansberg.

Dié eiendom bied gerieflike slaapplek vir 8 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die laaste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die badkamers is óf toegerus met 'n bad óf 'n bad en 'n stort.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Van hierdie kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n kaggel wat 'n wonderlike plek is vir gaste om met 'n boek te ontspan. Kampeerplekke is ook op die perseel beskikbaar.

'n Natuurlike fontein loop regdeur die plaas, en vissermanne kan hul geluk by die dam op die plaas, wat Blou Kurper en Karp bevat, op 'n vang-en-vrylaat-basis beproef. Daar is ook vrylopende kleinwild op die plaas, en 'n oorvloed en diverse voëllewe. Vir die meer avontuurlustige kampeerder is daar natuurwandelings langs die dam se walle, asook die bosagtige berghange wat oor die dam uitkyk wat te voet verken kan word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 78 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Johan H
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Lekker naby Pretoria. Ons het die langnaweek in die Ruah Park Cottage gebly. Lekker ruim huis. Goed toegerus. Lekker gerus en gestap ...
Sien meer
Jun 2024
Phillip V
5.0
Baie lekker. Ons het baie lekker gekamp in 'n baie netjiese kampterrein. Vriendelike atmosfeer en baie mooi natuur.
Mei 2024
Jackie K
Saam met lewensmaat
5.0
Wenner vir 'n vinnige en rustige naweek uit die stad. Sal keer op keer terugkeer Ruah Park toe. Dit bly ons gunsteling kampterrein. Die privaat amblus...
Sien meer
Apr 2024
Anel D
Gesin met klein kinders
5.0
Kamp met kinders. Visgevang en paar van die roetes gestap. Baie lekker gebly. Groot staanplekke. Groen gras. Staproetes is lekker en redelik gemaklik ...
Sien meer
Apr 2024
Luzanne C
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome! Our stay at the park was awesome. We will definitely be back, hopefully still this year. I would recommend the accommodation t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Madeleine Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 78

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Erfdeel 68, Leeuwkloof, Roodeplaat, 0186, Gauteng
  • Gaste dink Ruah Park Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 430
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 430
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 68, Leeuwkloof, Roodeplaat, 0186, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbfd82cf6f39095b93250beb11e0c0db4aae8d495af0e8c922be352e243b11fe28518180eafdf871b488abcf91fb42ecc119f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 430 per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 Portion 68 of Leeuwkloof Roodeplaat 0186 Gauteng 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -25.526056 28.49725

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang