Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rueby's Apartments

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rueby's Apartments bied gerieflike selfsorgverblyf in die bekoorlike dorpie Dullstroom. Dit is ideaal vir sakereisigers of 'n paartjie wat op soek is na 'n naweekwegbreek ver van die gedruis van die stad.

Verblyf word aangebied in 2 selfsorgwoonstelle wat onderskeidelik slaapplek bied aan 2 of 4 gaste. Die woonstel met slaapplek vir 2 beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed. Die ander woonstel het 'n koningingrootte-bed in die slaapkamer en 2 enkelbeddens in die kleiner slaaparea. Die woonstel het 'n privaat en suite-badkamer met of 'n stort of 'n stort en 'n bad. Alle linne, badhanddoeke en seep word voorsien.

Elke woonstel het ook 'n leefarea en kombuis wat met 'n induksiekookplaat, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Een van die woonstelle het ingeboude braaigeriewe en die ander het 'n lugbraaier. Elke eenheid het gratis WiFi en 'n TV met volledige DStv.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel agter 'n geslote hek

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Rueby's Apartments
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 15

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
  • Gaste dink Rueby's Apartments het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7d966bf7c2c4f9db605b20f3016640c6231755fbd10d6706c302e7b53aed15f82c348f6a222a90a6aee435a888ae9418e015?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 606 Ingwenya Avenue Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.415905196846 30.102181708707

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang