Rueby's Guesthouse
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R3 100 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Rueby's Guesthouse is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis in die bekoorlike dorpie Dullstroom in Mpumalanga. Dit is die ideale basis vir gaste wat die oulike dorpie wil verken saam met familie en vriende.
Die eiendom bied slaapplek aan 7 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers sowel as 'n gastetoilet. Die hoofsuite het 'n koninggrootte-bed, 'n enkelslaapbank, 'n spieëltafel en 'n kaggel. Hierdie kamer het ook 'n privaat stoep en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van 'n derde badkamer met 'n stort. Alle linne, badhanddoeke en badseep word voorsien.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoeltjies toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel met 'n antieke Aga-koolstoof wat aangesteek kan word wanneer die aande koud raak. Hierdie area lei op sy beurt na 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is ook 'n speelhoekie vir kinders met speelgoed beskikbaar. Stapeldeure lei van die sitarea na 'n onderdakstoep met 'n etenstafel en ingeboude braaigeriewe. Die groot tuin is omhein sodat troeteldiere vrylik kan rondbeweeg. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n geslote hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
1 x Enkelslaapbank
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Rolstoelvriendelik
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Adri Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 15
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Rueby's Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dullstroom Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Ingwenya-laan 606, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang