Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus & Herlaai

Selfsorg
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Rus & Herlaai is 'n semi-losstaande huis in Boggomsbaai, 'n kusdorpie 26 km van Mosselbaai af. Die dorp val binne die grense van die Fransmanshoek Bewarea en spog met 'n asemrowende goue strand en inheemse plante en bome en 'n klein verskeidenheid wild wat vrylik rondloop.

Dié dubbelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers met 2 badkamers en het slaapplek vir 5 gaste. Die slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n dubbelbed. Daar is storte in die badkamers. Beddegoed en handdoeke word voorsien en daar is ook 'n wasmasjien en wasgoeddraad.

Die oopplan-leefarea en kombuis is op die boonste verdieping. Die kombuis is met 'n yskas, gas oond, stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste, 'n sitkamerstel en 'n TV. Dit bied ook toegang tot 'n gemeenskaplike dek met eie etenstafel en braaigeriewe. Die eenheid het 'n omsetter en batterye wat die noodsaaklike toestelle en ligte gedurende beurtkrag ondersteun.

Daar is 'n kafee in Vleesbaai vir die algemene benodigdhede, maar die naaste supermark is in Mosselbaai.

Doendinge in Boggomsbaai sluit swem, hengel, gholf, tennis, voetslaan, voëlkyk en daguitstappies na dorpe in die omgewing soos Mosselbaai en Oudtshoorn in.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Ernst Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus & Herlaai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAALHm8Q386NaJ4ikyyYdsECiX2iKz6Cpya5YZ7c6kGAXJUkDtXf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5) 2 5 1 5 70 Disa Street Boggoms Bay 6504 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.267252556832 21.910134110451

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang