Rus & Herlaai
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Rus & Herlaai is 'n semi-losstaande huis in Boggomsbaai, 'n kusdorpie 26 km vanaf Mosselbaai. Die dorpie val binne die Fransmanshoek-bewarea en spog met 'n pragtige goue strand, inheemse plante en bome en 'n klein verskeidenheid vrylopende wild.
Dié dubbelverdiepingwoonstel bestaan uit 2 slaapkamers met 2 badkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamers is albei op die grondvloer geleë en elkeen is ingerig met 'n dubbelbed. Die badkamers is albei toegerus met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien en daar is ook 'n wasmasjien en wasgoedlyn.
Die oopplan-leefarea en -kombuisarea is bo geleë. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, gasoond, mikrogolfoond, ketel en skottelgoedwasser. Die leefarea beskik oor 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n sitkamerstel en 'n TV. Dit maak oop op 'n gemeenskaplike dek met 'n etenstafel en braaigeriewe. Die eenheid het 'n omskakelaar en batterye wat die noodsaaklike toestelle en ligte ondersteun tydens beurtkrag.
Daar is 'n kafee in Vleesbaai vir die algemene benodigdhede, maar die naaste supermark is in Mosselbaai.
Besoekers aan Boggomsbaai kan swem, visvang, gholf, tennis, voetslaan, voëlkyk, of daguitstappies na omliggende dorpe soos Mosselbaai of Oudtshoorn geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ernst Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Rus & Herlaai het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Boggomsbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang