Rus & Herlaai
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
- Vanaf R2 200 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Rus & Herlaai is 'n semi-losstaande huis in Boggomsbaai, 'n kusdorpie 26 km van Mosselbaai af. Die dorp val binne die grense van die Fransmanshoek Bewarea en spog met 'n asemrowende goue strand en inheemse plante en bome en 'n klein verskeidenheid wild wat vrylik rondloop.
Dié dubbelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers met 2 badkamers en het slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamers is op die grondverdieping en het elk 'n dubbelbed. Daar is storte in die badkamers. Beddegoed en handdoeke word voorsien en daar is ook 'n wasmasjien en wasgoeddraad.
Die oopplan-leefarea en -kombuis is bo. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, gas oond en stoof, mikrogolfoond, ketel en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste, 'n sitkamerstel en 'n TV. Dit bied ook toegang tot 'n gemeenskaplike dek met eie etenstafel en braaigeriewe. Die eenheid het 'n omsetter en batterye wat die noodsaaklike toestelle en ligte gedurende beurtkrag ondersteun.
Daar is 'n kafee in Vleesbaai vir die algemene benodigdhede, maar die naaste supermark is in Mosselbaai.
Doendinge in Boggomsbaai sluit swem, hengel, gholf, tennis, voetslaan, voëlkyk en daguitstappies na dorpe in die omgewing soos Mosselbaai en Oudtshoorn in.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Ernst Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
- Gaste dink Rus & Herlaai het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Boggomsbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disastraat 70, Boggomsbaai, 6504, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang