Rus & Rose Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ted Dean-straat 7, Ferreira, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Vanaf R600 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Rus & Rose Gastehuis is 'n lieflike gastehuis wat gerieflike oornagverblyf net buite Bloemfontein bied. Die gastehuis bied 'n rustige wegbreek binne maklike bereik van die stad.
Hierdie gastehuis beskik oor 9 pragtig ingerigte eenhede, elk met 'n en suite-badkamer. Die eenhede het gemaklike beddens,, skoon linne en privaat ingange. Al die eenhede bied ekstra geriewe soos 'n TV met verskeie kanale, 'n yskassie, 'n mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. Agt van die eenhede het ook 'n enkelplaatgasstoof. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Gaste kan in die gemeenskaplike swembad swem en rondom die braai-areas kuier. Oorgenoeg parkeerplek is vir groot voertuie, karavane en sleepwaens beskikbaar. Vir dié wat die area wil verken is staptoere, verskeie restaurante en wildkyk binne maklike bereik.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Hein Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Ted Dean-straat 7, Ferreira, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
- Gaste dink Rus & Rose Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ted Dean-straat 7, Ferreira, Bloemfontein, 9301, Vrystaat