Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus en Vrede

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Jacobusjohannes M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Verblyf by "Rus en Vrede" doen die naam gestand. Ons het baie lekker gebly by "Rus en Vrede". Die eenheid is baie goed toegerus met alles wat jy nodig mag kry, en ons het veral die ingeboude braai en motorhuis geniet. Vir ons driejarige kleuter was daar buite 'n klimraam, sandput en vele ander speelgoed wat hy vreeslik baie geniet het. Die mooi vlaktes met perde stalle en rustigheid van die Country Estate het ons ook goed laat herlaai. Eienaars is baie gasvry en het ons ook baie welkom laat voel. Ons beplan al klaar vir ons volgende oorbly by "Rus en Vrede" binnekort.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Sjoe, wat kan ek sê behalwe baie baie dankie vir jou mooi woorde. Dit was ‘n voorreg om julle hier by ons te kon verwelkom. Ek sien vreeslik uit om julle weer hier by ons te kan hê. Ek is so bly dat julle die tydjie by ons geniet het.

Marlo S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2024

Rustige ontspanning plekkie. Was baie lekker. Kids het die speelplek en diere so geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Baie dankie dat jy die tyd geneem het om ‘n resensie te doen. Ek waardeer dit opreg. Ek is so bly dat julle die verblyf geniet het, kom asb. weer. Vriendelike groete Daleen

Karen B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Rustige kuier in gemaklike huis met alles wat nodig is! Heerlik gerieflik gebly in 'n baie goed toegeruste huis, alles was meer as voldoende! Baie lekker gekuier ten spyte van slegte weer naweek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Baie dankie vir jou terugvoer. Ek is bly julle het julle verblyf geniet. Kom kuier asb. weer.

Esmé J
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Aug 2024

Enjoyed the stay. It was a pleasure staying at Rus en Vrede.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Whitney P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2024

Definitely jou geld werd! Baie netjies en rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Ek is so bly julle was tevrede, kom gerus weer.

Simone T
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mei 2024

Lekker rustige wegbreek. Ons was baie goed ontvang en het baie lekker gebly. Baie tevrede met alles gewees en ligging is perfek vir 'n wegbreek, baie rustig. Ons gaan definitief weer daar kuier. Eienaars baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Baie dankie, ons is so bly dat julle die verblyf geniet het. Dit sal vir ons 'n voorreg wees om julle weer te kan verwelkom. Vriendelike groete Daleen

Nicole S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Awesome. It was such a beautiful and restful stay. The owner was the best host. And not to mention Drummer & Flutter.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie H
Kort verblyf
5.0
Apr 2024

Rus en Vrede - Die naam sê alles. Was vriendelik ontvang deur die gasvrou. Die huis is goed ingerig met alles wat jy nodig het. Jy bring letterlik net jou klere en kos saam. Die huis is lekker sentraal geleë en naby verskeie Weskus-dorpies. Ons het 'n heerlike naweek gehad en heerlik gerus en die rus en vrede geniet. Het ook spesiale bederfies ontvang, naamlik paaseiers vir die Paasnaweek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Ek is so bly dat julle die naweek by ons geniet het. Baie dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer dit opreg. Kom kuier asb weer. Vriendelike groete Daleen

Susan A
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Beste verblyf, sal definitief weer daar gaan oorslaap. Baie dankie vir die gasvryheid en lekker verblyf by julle. Ons het altwee huisies bespreek, een vir ons en die ander een vir my ma'le, en dit was ideaal. Jou omgee en betrokkenheid met my meisiekind en jou perde was onverwags, en moet sê, dit was vir haar 'n groot bederf. Sal definitief weer by julle 'n draai maak. Net 'n nota, 'n spieël in die kamer vir hare droogmaak en grimering sal great wees. Maar ons het nog steeds reggekom en die verblyf geniet.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Baie dankie, Susan, ek is so bly dat julle die verblyf geniet het. Daar is wel ‘n lang spieël in die hoofslaapkamer se kas deur. Ons het so lekker gesels dat of ek dit nie genoem het nie, of jy dit net nie gehoor het nie. Dit sal vir ons ‘n plesier wees om julle weer te kan verwelkom. Julle en julle ouers was droom gaste.

Talitha L
Kort verblyf
5.0
Mrt 2024

Ons het lekker gerus in Vrede. Die huisie gee 'n lekker gevoel dat jy by die see is. Baie netjies en skoon. Goeie ontvangs gehad en sal definitief aanbeveel vir mense wat rustigheid soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Johan En Daleen
Rus en Vrede
Baie baie dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer dit so baie. Julle is enige tyd weer welkom. Mooi dag! Daleen

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johan En Daleen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 119

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3d3f485f2c566254b17c73e07eaa4e2489429d6e88ce0b76ee83c8d6aebb83f531578a1181ce45902cf975c901f6055ad28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 42 5 1 5 3 Scotsville Long Acres 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.055908527121 18.072558866934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang