Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus en Vrede

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Rus en Vrede is op die Long Acres Country Estate in Langebaan geleë en bied gerieflike verblyf aan 4 gaste.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, en die tweede slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n uittrekbare enkelbed. Die kamers deel die gebruik van die badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort en toilet. Vir gaste se gerief word linne en badhanddoeke voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n 4-plaat-gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, 'n skottelgoedwasser, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n ontbytkroeg waar gaste hul maaltye kan geniet.

Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale, Netflix, WiFi-toegang, asook die binnebraai-area.

Parkeerplek is beskikbaar in die dubbelmotorhuis wat direkte toegang tot die huis het.

Die eiendom het 'n omskakelaar en gaste kan van alle toebehore, ligte, WiFi en geiser gebruik maak.

Langebaan bied 'n verskeidenheid doendinge soos wind- en vlieërbranderry, kajakvaart, visvang, gholf, perdry, bergfietsry, asook besienswaardighede soos die Club Mykonos Casino en Weskus Nasionale Park.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 42 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Jacobusjohannes M
Gesin met klein kinders
5.0
Verblyf by "Rus en Vrede" doen die naam gestand. Ons het baie lekker gebly by "Rus en Vrede". Die eenheid is baie goed toegerus met alles wat jy nodig...
Sien meer
Aug 2024
Marlo S
Gesin met klein kinders
5.0
Rustige ontspanning plekkie. Was baie lekker. Kids het die speelplek en diere so geniet.
Aug 2024
Karen B
Saam met vriende
5.0
Rustige kuier in gemaklike huis met alles wat nodig is! Heerlik gerieflik gebly in 'n baie goed toegeruste huis, alles was meer as voldoende! Baie lek...
Sien meer
Aug 2024
Esmé J
Besigheidsreis
5.0
Enjoyed the stay. It was a pleasure staying at Rus en Vrede.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Whitney P
Saam met lewensmaat
5.0
Definitely jou geld werd! Baie netjies en rustig.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johan En Daleen Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 119

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus en Vrede het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scotsville 3, Long Acres, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3d3f485f2c566254b17c73e07eaa4e2489429d6e88ce0b76ee83c8d6aebb83f531578a1181ce45902cf975c901f6055ad28?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 42 5 1 5 3 Scotsville Long Acres 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.055908527121 18.072558866934

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang