Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus 'n Bietjie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Rus 'n Bietjie is in Suiderstrand geleë en bied gehalteverblyf vir 'n paartjie of klein gesin. Die gerieflike, volledig toegeruste selfsorgwoonstel bied slaapplek aan 2 tot 4 gaste op 'n slag. Dit is in die Agulhas-natuurreservaat geleë en net 400 m van die pragtige strand af.

Die verblyf beskik oor 2 eenhede om van te kies.

Stil 'n Bietjie beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 2 ingeboude kaste, 'n en suite-badkamer met stort, toilet en wasbak. Die volledig toegeruste kombuis het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n stoof, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Dit het 'n ruim leefarea met 2 gemakstoele en 2 rusbanke, asook 'n TV met DStv. In die leefarea is daar 2 enkelbeddens met 'n bedkassie. Dit loop uit op 'n lieflike patio met braaigeriewe. Die woonstel het 'n aparte ingang en skaduparkeerplek.

Kyk 'n Bietjie beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, ingeboude kas en 'n en suite-badkamer met 'n ovaal bad, toilet en wasbak. Die kombuis is volledig toegerus en het 'n etenstafel met sitplek vir 2, stoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is 'n ruim leefarea met 2 gemakstoele, asook 'n TV met DStv. Die leefarea maak oop op 'n dek met asemrowende see-uitsigte.

Meer aktiewe gaste kan ontspan deur die staproetes, bergfietsroetes te neem, die ryk verskeidenheid fynbos, voëls en kleinwild te bewonder asook visvang in die onmiddellike omgewing. Moet-sien-besienswaardighede sluit 'n sigbare skeepswrak en 1 van die oudste werkende vuurtorings in die land in. Die trappe van die vuurtoring kan ook geklim word sodat gaste die asemrowende uitsigte van bo af kan geniet. Nog 'n gewilde trekpleister is die mees suidelike punt van Afrika.

Minder aktiewe gaste kan net die stilte geniet terwyl hulle lees, bordspeletjies speel of 'n legkaart bou.

L'Agulhas, die naaste dorpie vanaf Suiderstrand, is ongeveer 6 km weg en is die mees suidelike dorpie in Afrika. Dit beskik oor 'n spa, geskenk- en kruidenierswinkels, eksklusiewe restaurante, koffiewinkels en verskeie kunsgalerye.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 67 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Thys B
Gesin met tieners
5.0
Fantastiese blyplek met wonderlike gasvrye mense. Beveel dit sterk aan. Oom laat jou altyd meer as welkom voel in hulle stukkie Suiderstrand paradys. ...
Sien meer
Mrt 2024
Marieta G
5.0
Lovely tranquil stay! It is a lovely tranquil space with a lovely view over the estate and sea!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2023
Andrea A
Saam met lewensmaat
5.0
It was fantastic! Stay was very nice! Owners were friendly. It has everything that you need and very neat and clean. I definitely recom...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023
Tereza M
Gesin met tieners
4.6
It was exactly what we needed, peace and rest! The host was very friendly and the surroundings were great for walking and cycling.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2023
Vivian J
Gesin met klein kinders
4.6
Dit was fantasties, sonder enige druk of ongemak. Ontvangs was besonders en gemaklik. Ons het reis inligting ontvang oor hoe om die plek te vind wat u...
Sien meer
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 67

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Blomboslaan 20, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApooGab4XcPKikVE7bmHZ28vLWAOVhg073kFN5bhEXw4zPO6m4j?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 2) 67 5 1 5 20 Blombos Avenue Suiderstrand 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.81407599561 19.95998843481

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang