Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Rus 'n Bietjie

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 37, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Rus 'n Bietjie is 'n eenvoudige vissershuisie wat in 1938 gebou is en is een van die oudste huise op L'Agulhas. Dit is baie naby die see (30 m soos die kraai vlieg) en bied 'n pragtige uitsig. Dit is naby die historiese Soldatepoel aan die see se kant van die hoofpad, met net 'n muurtjie tussen die huis en die see. Die see is slegs 100 tree ver.

Rus 'n Bietjie is 'n selfsorghuisie met geverfde sementvloere en 'n paar krakies hier en daar weens ouderdom. Tog het dit heelwat karakter. Die lae deurrame kom byvoorbeeld van ou skuite af. Daar is 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n see-uitsig, die tweede een het 3 enkelbeddens en 'n see-uitsig, en die derde een het 3 enkelbeddens en 'n berg-uitsig. Dit het slaapplek vir 8 gaste, maar is meer ideaal vir 6 gaste. Die badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en ’n stort. Let daarop dat die toilet effens laer as 'n normale toilet is. Daar is 'n buitetoilet wat 'n normale hoogte is en ideaal vir wanneer daar gebraai word.

Die kombuis het 'n mooi see-uitsig en 'n vierplaatstoof en oond, 'n mikrogolf, broodrooster, yskas-vrieskas, broodrooster, ketel en al die kombuistoebehore wat gaste sal nodig kry vir selfsorg. Tee, koffie, 'n bak beskuit, skottelgoedseep, sout en peper word voorsien. Die oopplan-sitarea en -eetarea het 'n klein biblioteek en 'n TV. Daar is 'n OVHD-dekodeerder beskikbaar, maar gaste moet hul eie DStv-dekodeerder saambring. Daar is ook WiFi.

Rus 'n Bietjie se gewildste area is waarskynlik die groot onderdakstoep en braai-area met sy lieflike see-uitsig. Hiervandaan kan jy sien hoe die skepe heen-en-weer vaar, en nou-en-dan walvisse en dolfyne gewaar. Vanaf die stoep se hangmat kan jy boonop hierdie uitsigte geniet terwyl jy gemaklik agteroor lê.

Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Rus 'n Bietjie val nie in almal se smaak nie. Dié wat egter iets ongewoons waardeer, na aan die natuur wil wees en 'n wonderlike see-uitsig verlang is gewoonlik dol oor Rus 'n Bietjie en beskou dit hulle gunsteling vakansiebestemming.

Kamer-opset

Kapasiteit: 8 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 mense
3 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer 1

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Tee

Konferensiegeriewe

  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 105 resensies

Baie goed

Netheid
3.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Sarie V
Saam met vriende
5.0
Die huisie was presies soos dit beskryf word. Ons het baie lekker gekuier en gebly.
Mrt 2024
Belinda M
5.0
Beste see -itsig, troeteldiervriendelik, veilig. Ek en my honde het ons kuier by Rus 'n Bietjie vreeslik baie geniet! Beste see-uitsig en 'n groot erf...
Sien meer
Jan 2024
Brentley H
Gesin met tieners
5.0
Dit was fantasties gewees. Dit is 'n baie mooi en rustige plek om bietjie weg te breek, jou skoene uit te skop en die stilte van die ocean te geniet.
Sep 2023
Lynnette V
Saam met lewensmaat
5.0
Hier kry jou siel rus en herlaai mens weer. Het ons verblyf verleng omdat ons so lekker gekuier het.
Feb 2023
Ingrid L
Saam met vriende
5.0
Pragtige vissershuisie by die see, vol nostalgie. Heel gerieflik. Alles is daar in die kombuis en alles is netjies. Die ligging is fantasties, jy hoor...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.1/5

Anna-Marie Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 215

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Hoofweg 37, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rus 'n Bietjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoofweg 37, Agulhas, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRlOGUyZTRjLTA5ZTgtNGQ1MC04OThkLWZmYWI3Nzg2ZTIyZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense 105 5 1 5 37 Main Road Agulhas 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.82112285534 20.026499032974

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang