Rustgevonden
Kry 30% af vir verblyf voor 30 April 2025. Bespreekbaar tot 3 Mrt 2025
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maori-laan 2, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
-
Vanaf
R3 500R2 450 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Rustgevonden is 'n pragtige selfsorghuis op die seefront, aan die wilde-kant van Cape St Francis. Geniet manjifieke sonsondergange en hoor die see druis in jou ore 24-uur, Dit is die perfekte ligging vanwaar gaste die unieke dorpie Kaap St. Francis kan verken.
Dié vakansiehuis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 smaakvolle slaapkamers, waarvan 3 'n en suite-badkamer het. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n asemrowende uitsig oor die see en rotse met ‘n koningingrootte-bed. Die ander 3 slaapkamers op die grondvloer in die huis is as volg: tweede en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens,/koninggroote-bed en kamer vier het 2 enkelbeddens en ‘n dubbelbed. Die vyfde slaapkamer is op die boonste verdieping met sy eie ingang en het 2 enkel-beddens/koninggrootte-bed, yskassie, ketel en sitarea. Alle linne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het skuifdeure wat oopmaak om te verseker die ervaring is ongelooflik!
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n toonbank met stoele, asook 'n skottelgoedwasser vir gaste se gerief. Die kombuis lei na 'n braai en eetarea met sitplek vir 10, wat verder lei na die eerste leefarea met gemaklike rusbanke en 'n ononderbroke see-uitsig. Daar is 'n tweede sitarea met sitplek en 'n TV met toegang tot die volle DStv-pakket en 'n knus kaggel.
Die binnehof het 'n ingeboude braai-area met buitesitplek, terwyl die glasdeure van die oopplan-leefarea na die houtstoep lei met sitplek en 'n stoepswaai. Hier kan gaste die sonsondergang oor die see geniet terwyl hulle gesellig verkeer.
Kaap St. Francis en die nabygeleë St. Francisbaai bied 'n verskeidenheid geriewe en aktiwiteite vir besoekers om te geniet wat restaurante, golf, diepsee-hengel, surf en staproetes insluit. Daar is baie eetopsies, buitelugaktiwiteite en natuurlike besienswaardighede om 'n onvergeetlike en genotvolle besoek vir almal te verseker.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Stapelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Hermine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Maori-laan 2, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
- Gaste dink Rustgevonden het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kaap St. Francis St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Maori-laan 2, Kaap St. Francis, 6313, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang