Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sabaan Guest Farm

  • Kapasiteit: 109 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Vanaf R620 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sabaan Guest Farm is tussen Sabie en Hazyview op die R536 geleë en bied veilige en bekostigbare selfsorg-gesinsverblyf, net 30 km vanaf die naaste ingang na die Krugerwildtuin. Sabaan Holiday Resort is baie sentraal geleë vir besoekers wat die besienswaardighede, sommige wêreldbekend, op die pragtige Panorama-roete wil verken. Daar is ook heelwat aktiwiteite in die omgewing vir avontuurlustige siele.

Elke chalet word goed in stand gehou en is gerieflik, asook volledig toegerus met beddegoed - bring net jou eie handdoeke. Alhoewel die instansie tot 130 gaste in 22 chalets kan akkommodeer, maak hulle geen uitsonderings as dit by die rustigheid van hierdie oord of die wonderskone uitsigte op die Sabievallei en die plantasies kom nie.

Geriewe by die oord sluit uitstekende sekuriteit, braaigeriewe en 1 parkeerplek by elke individuele chalet, 'n kouewaterswembad, tennis en vingerbord in. Die venue vat tot 120 gaste en die lapa neem 60 gaste. Dit is baie geskik vir troues, matriekafskeide, kerk- of skoolgroepe en familie-byeenkomste.

Aktiwiteite in die area sluit witwatervlotvaart, vierwielmotorfietsritte, perdry, wildkyk, fietsry, visvang, voëlkyk, bergfietsry, voetslaan, die Graskop glashyser, die groot swaai, Zipline en die hangbrug in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 185 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Wat gaste dink
Maritza B
5.0
Plek is lekker geleë tussen Sabie en Hazyview en naby die wildtuin. Baie stil. Langnaweek saam met gesin.
Aug 2024
Mons V
Saam met vriende
5.0
Rustige kuier in die mooiste natuur. Sabaan is baie lekker geleë. Al is alles al aan die ouer kant, is alles baie skoon en netjies gewees.
Jun 2024
Hannetjie K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly maar sal volgende keer langer bly. Ons het heerlik gebly! Marietjie is dié beste. Baie vriendelik en behulpsaam. Plekkie was skoon en net...
Sien meer
Jun 2024
Jannie N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Verblyf baie geniet, vriendelike ontvangs.
Jun 2024
Mike G
Saam met lewensmaat
5.0
A home from home, good old fashioned value for money holiday. The cottage was clean, comfortable and well-equipped. The communication a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 185

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Sabaan Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R620
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 109 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R536, Hazyview, 1242, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf615701766782fd4f15df36cc1bcd124805e3d1796b16a33b539fb63c7440f11fd8765e3c41c80e57553d3384a8753ab710c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R620 per nag (plek vir 2) 185 5 1 5 R536 Hazyview 1242 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.043164 30.984493

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang