Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sabie River Camp

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 732 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Vanaf R290 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sabie River Camp bied rustige en ontspannende verblyf weg van die gejaagde stadslewe en is sowat 1 km buite Sabie op die Graskoppad geleë. Kom ervaar 'n natuurlike omgewing met die geluid van water en die natuur se naglewe.

Verblyf word in en suite-tente, tente op stelte en kampterreine gebied. Die en suite-tente het elk slaapplek vir 6 gaste. Dié tente het elk 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kampkombuisie wat met 'n yskassie, ketel, broodrooster en tweeplaat-gasstofie toegerus is. Geen mikrogolfoonde word voorsien nie.

Die tente op stelte bied elk slaapplek aan 4 gaste. Dié tente het toegang tot ’n gemeenskaplike kombuis, ablusiegeriewe en braaigeriewe. Die kampterrein het kragpunte (gaste sal 'n driepunt-karavaan-aansluitprop benodig), gemeenskaplike krane en toegang tot ’n gemeenskaplike kombuis en ablusiegeriewe. Gaste wat in die tente op stelte of kampterrein bly moet asb. hul eie kook- en eetgerei saambring. Mikrogolwe word nie voorsien nie.

Die Sabie River Camp is naby die Sabie-watervalle soos Lone Creek, Bridal Veil, Mac-Mac en die Groot Swaai in Graskop. Dit is ook naby die Mac-Mac-poele, Mac-Mac-woudoord en nog vele ander toeriste-besienswaardighede.

Die kampterrein spog met 'n putt-putt-baan, 'n kouewater- en verhitte swembad, 'n lapa, visvangplekke en voetslaan- en bergfietsroetes. Die verhitte swembad is onderhewig aan beskikbaarheid en elektrisiteit.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 245 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.3
Veiligheid
4.4
Wat gaste dink
Anton B
Saam met lewensmaat
5.0
Love the place and pet friendly. Loved the place. Will see us again to visit Rassie (the dog). It was nice and peaceful stay. Thank you...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Diederick P
5.0
Bekostigbaar en mooi. Baie lekker plek vir 'n vinnige oorslaap.
Mrt 2024
Jeanri B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker gekuier en geslaap. Baie lekker gekuier. Vriendelike mense. Het vir ons hout later gebring toe krag af was vir Boma vuur.
Feb 2024
Elsabe N
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Die verblyf was fantasties.
Jun 2023
Karin B
Gesin met klein kinders
5.0
Verblyf was gerieflik. Gaste wie egter tot die vroeë oggend-ure arriveer raas. Besef dit is nie oord se skuld nie. Die bekostigbare verblyf van Sabie ...
Sien meer
Mrt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Jolandie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 245

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
  • Gaste dink Sabie River Camp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R290
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R290
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 732 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaaswaterval 30, Sabie, 1260, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9a6df4b9239326b6e80442cea25b190ccef5c14b6585fac4dc500eb1d250692d48a88dc52096a8361f007cdc7108e1947bb6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R290 per nag, vir 2 mense 245 5 1 5 30 Plaaswaterval Sabie 1260 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.088230653099 30.774142483826

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang