Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sable Ranch Bush Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Veekraalweg 31, Hartebeespoort Plaas, Sable Ranch Hek VK, Brits, 0250, Noordwes
  • Vanaf R3 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Sable Ranch Bush Lodge is 30 km noord van Brits in Noord-Wes. Dit bied gerieflike en toeganklike verblyf aan gaste wat van Johannesburg of Pretoria af kom. Die lodge is in 'n pragtige, landelike area en bied 'n rustige toevlugsoord ver van die stad.

Verblyf word aangebied in 8 identiese en smaakvolle kamers met direkte toegang tot die swembad. Die kamers bied aangename en ontspannende verblyf. Elke kamer het lugversorging, gratis WiFi en 'n yskassie met stil- en vonkelwater. Die kamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Kraakvars linne en handdoeke word voorsien.

Gaste het toegang tot 'n sprankelende swembad en boma-area en daar is ook 'n kroeg, veerpyltjiebord en pooltafel. Die swembad- en boma-area is ideaal vir gaste wat in die somerhitte wil afkoel of net saans lekker om 'n vuur wil kuier. Dit bied 'n intieme en knus atmosfeer vir gaste wat wil saamkom, stories vertel en die warmte van 'n vuurtjie wil geniet.

Gaste by die lodge word elke dag bederf met 3 heerlike etes en genotvolle verrassings regdeur die dag. Die dag begin met 'n oggendkoffie en beskuit voor die wildrit. Daarna kan gaste smul aan 'n verskeidenheid keuses by die Kontinentale ontbyt. Middae kan gaste kies wat hulle wil eet van 'n persoonlike middagetespyskaart af. Tydens die namiddag-wildrit word 'n skemerkelkie met 'n uitsig aangebied tesame met ander, gunsteling drankies en soutpeuselhappies terwyl die bosveldsonsondergang die horison rooi kleur. Sodra gaste dan terugkom by die lodge, sal 'n gekwalifiseerde sjef hul ware kleure wys met 'n lipleklekker driegangaandete wat gaste se dieëtvoorkeure en allergieë in ag neem. Die lodge is trots op die feit dat maaltydopsies buigbaar gehou word om te verseker dat alle gaste te alle tye tevrede is.

Sable Ranch Bush Lodge bied 'n rits pret aktiwiteite aan om genotvolle en onvergeetlike verblyf te verseker. Of gaste nou op soek is na avontuur of ontspanning, daar is iets vir almal by hierdie lodge.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wildritte
Swembad
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Ligging

  • Veekraalweg 31, Hartebeespoort Plaas, Sable Ranch Hek VK, Brits, 0250, Noordwes
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bojanala Noordwes
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Veekraalweg 31, Hartebeespoort Plaas, Sable Ranch Hek VK, Brits, 0250, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA29093f5d28770ef82b72cfdbdab53bbd762a1c9faba40b45e855383338e761ab31bf238dc834d274edb12579540bccd496de?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag (plek vir 2) 31 Veekraal Road Hartebeespoort Farm, Sable Ranch Gate VK 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.436376375282 27.75906085968

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang