Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sabuti HL20

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sabuti 104, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 730 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sabuti HL20 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig wat tussen die ongerepte skoonheid van Simbithi Eco Estate skuil. Dit is die ideale keuse vir gesinne of groepe vriende.

Dié woonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie slaapkamers deel die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-leefarea spog met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 8 en 'n knus sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met buitesitplek, sonstoele, braaigeriewe en 'n Jacuzzi. Hierdie rustige omgewing is ideaal vir sterrekyk.

Die landgoed het 'n verskeidenheid geriewe, soos 4 gemeenskapsentrums met swembaddens, 'n rugbyveld, putt-puttbaan, piekniekareas, braaigeriewe, stap- en fietsroetes en wild. Daar is 'n eksklusiewe 18-putjie Executive-gholfbaan wat deur Peter Matkovich ontwerp is. Die Simbithi Buiteklub het 'n kroeg, sitarea, gratis WiFi, Fig Tree Restaurant en 'n speelgrond vir kinders.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Ballito.net Geverifieer

Eiendomme 18

Resensies 33

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Sabuti 104, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 730
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 730
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Sabuti 104, Simbithi Eco Estate, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA46e427831c1a6b9f258329efc32d9c20c9de89b9fce24c724e1be4a28bae51085b497064f60a60a7f93bebb9ba667b041f53?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 730 per nag (plek vir 6) 104 Sabuti Simbithi Eco Estate 4420 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-17:00 09:00 -29.520089583824 31.224353292523

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang