Safari Flats
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Petersweg 5, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Safari Flats is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Southbroom. Dit is ideaal vir 'n klein gesin. Die woonstel spog met 'n see-uitsig en is naby die see.
Hierdie woonstel is op die eerste verdieping en bied slaapplek aan 3 volwassenes en 3 kinders. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed. Die tweede slaapkamer het 'n tripelstapelbed vir kinders. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dit lei na die etenstafel. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv.
Die skuifdeure lei na die onderdakbalkon met sitplek. Die kompleks het veilige parkeerplek en gedeelde braaigeriewe.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Kinderbed vir 1
1 x Kinderbed vir 2
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Petersweg 5, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Petersweg 5, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang