Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Safe Haven Gastehuis

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Safe Haven Gastehuis bied 'n ontspanne plaasatmosfeer en is in Groenvlei sowat 10 km buite Bloemfontein.

Safe Haven 2 bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 en suite-eenhede. Die eerste eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, wasbak en toilet. Die tweede eenheid het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke eenheid het ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n TV is ook in die eenhede beskikbaar.

Safe Haven ateljee woontstel bied slaapplek aan 4 gaste. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en twee enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het ook 'n kombuis wat met 'n yskas / vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n TV is ook in die eenhede beskikbaar. Hierdie eenheid het 'n binnebraai en 'n kaggel en is ideaal vir 'n lekker ontspanne kuier saam vriende, jou geliefde of familie.

Die derde eenheid bied slaapplek aan 2 gaste. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid het 'n lugverkoeler in die kamer. Die eenheid het ook 'n kombuisie wat met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n TV is ook in die eenhede beskikbaar.

Gaste kan in die tuin ontspan of in die swembad afkoel.

Safe Haven Gastehuis is 700 m van die Woodlands Winkelsentrum af. Bloemfontein bied doendinge soos staproetes, vryval, sterrekyk by die Boyden Sterrewag, asook verskeie museums, winkels en restaurante. Gaste kan ook die Vrystaat Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin Wildreservaat en Hamiltonpark besoek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Mirna J
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker. Hi, baie netjies en lekker. Honde was welkom en alles wat mens nodig het in die kombuis gehad.
Apr 2024
Nicky D
Gesin met klein kinders
5.0
It was clean, neat and had everything we needed. We were traveling with a cat and they welcomed pets which was also a plus. It had plen...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Judy J
5.0
Heerlike rustige atmosfeer. Pragtige oorslaapplek, eenheid skoon en omgewing het 'n paasgevoel.
Apr 2023
Neil J
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik, rustig en veilig. Netjiese verblyf weg van die stadsgeraas. Kan dit aanbeveel!
Feb 2023
Joeninne J
Gesin met klein kinders
5.0
Veilig, netjies en skoon. Alles is soos op die foto's. Sien sterre.
Jan 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Mandie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Safe Haven Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Bloemfontein Vrystaat
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Musketlaan 4, Groenvlei, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA784d785a95192eb18c25263e5c1eed61159ca0a1af00490e1484d660b1ceeec839800ef2b1d7851bbff17ebabc4535978676?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 50 5 1 5 4 Musket Avenue Groenvlei 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -29.051982112324 26.176121281944

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang