Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Saints View Resort Unit 7

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Saints View Resort Unit 7 is 'n selfsorgwoonstel op die tweede verdieping in die hartjie van die Hibiskuskus, KwaZulu-Natal. Saints View is stapafstand van die gewilde Uvongo-hoofstrand met sy skilderagtige strandmeer af. Die meeste van die eenhede het pragtige see-uitsigte.

Die woonstel het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die sitarea wat slegs vir kinders geskik is. Elke badkamer het 'n stort en bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het voorafbetaalde lugversorging en 'n TV met 'n Openview-dekodeerder. Die sitkamer en die hoofslaapkamer lei na 'n groot balkon met ingeboude houtskool-braaigeriewe.

Die luukse oord het 'n 18 putjie-minigholfbaan, klimraam en 'n pragtige swembad. Verder is daar ook veilige ondergrondse parkeerplek op die perseel.

Kom en geniet die bekende waterwêreld in Wild Coast Sun, Mac Bananas net 5 km voor Port Edward, Lake Eland, en plaaslike bootvaarte op die see.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xKinderbank vir 2
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Bad, Toilet
Badkamer 2
En-suite  - Slaapkamer 2
Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 5 resensies vir Saints View Resort Unit 7
Netheid
4.6/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Rané Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 669

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Hoek van Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Saints View Resort Unit 7 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van Collinstraat en Stafford-weg, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbff6a15998b426480c06845c2fd4cd6af6e31e66ed04aa5ffce46f116775d17fe56c7fee40e3d6caf15a21f2a61b9f28c3f9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Corner of Collin Street and Stafford Road Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -30.832177 30.398522

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang