Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sakpas Kus Akkommodasie

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R520 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Sakpas Kus Akkommodasie bied verblyf op die eienaar se perseel in Hartenbos. Dié gewilde kusdorp is die ideale somervakansiebestemming en bied verskeie strande, ’n waterpark, luilekker doendinge en walvis- en robkyk.
Hierdie akkommodasie bied verblyf in 3 selfsorg-eenhede aan.

Die Kothuisie-woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind en is bo-op die motorhuis met ’n privaat ingang via trappe. Daar is ’n dubbelbed en slaapbank en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die kombuisie is toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof en mikrogolf. Die leefarea het ’n TV, sitplek vir 2 en ’n etenstafel vir 2. Die eenheid lei na ’n balkon met braaigeriewe en ’n lieflike uitsig.

Oppi Stoep is 'n eenslaapkamerwoonstel met sy eie ingang en 'n dubbelbed. Die ooplan-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea. Die kombuisie is met yskas-vrieskas, 'n konveksiestoof, gasplate en 'n mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het ’n TV, sitplek vir 2 en ’n etenstafel vir 4. Die eenheid lei na ’n dek met braaigeriewe en ’n lieflike uitsig.

Die Sakpas-ateljee is geskik vir 2 gaste en is op die grondverdieping van die eienaar se huis. Die eenheid het 'n privaat ingang via die motorhuis. Let daarop dat daar nie 'n voorstoep of braaigeriewe is nie. Daar is 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolfoond en ketel toegerus. Parkeerplek vir dié gaste is buite beskikbaar. Indien die eenhede nie vol bespreek is nie, sal 'n motorhuis beskikbaar wees. Doen asb. hieroor navraag.

Aktiwiteite sluit visvang, bootvaarte, duik, snorkel, swem, voetslaan, abseil en valskermsweef in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 185 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Millicent D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasies rustig. Ons het heerlik gebly.
Nov 2024
Petrus T
Saam met vriende
5.0
Stilte weg van gejaagd. Plekkie is geskik vir vriende of familie. Ons het die stilte en gemak geniet.
Nov 2024
Clinton C
Besigheidsreis
5.0
Geen klagtes, baie lekker gebly. Fantasties. Sal dit aanbeveel vir almal.
Okt 2024
Virgiani F
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut heerlik! Ons het die verblyf regtig geniet, veilig gevoel en was baie impressed met die geriewe.
Okt 2024
Sam A
Saam met vriende
5.0
Fantasties, ek sal weer daarheen gaan. Baie lekker gebly. Rustige omgewing, mooi uitsig.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Marina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 190

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sakpas Kus Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 520
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 520
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA066fa98f29678b356ea8f3dd23a26cd61b18993e3490567211ce04f6d71329cd0d54b51f277076b76c6ca5efedf1489de41c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R520 per nag, vir 2 mense 185 5 1 5 128 Rylaan 6 Seemeeupark 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.138973578796 22.08866360854

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang