Sakpas Kus Akkommodasie
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Vanaf R520 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Sakpas Kus Akkommodasie bied verblyf op die eienaar se perseel in Hartenbos. Dié gewilde kusdorp is die ideale somervakansiebestemming en bied verskeie strande, ’n waterpark, luilekker doendinge en walvis- en robkyk.
Hierdie akkommodasie bied verblyf in 3 selfsorg-eenhede aan.
Die Kothuisie-woonstel het slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind en is bo-op die motorhuis met ’n privaat ingang via trappe. Daar is ’n dubbelbed en slaapbank en ’n en suite-badkamer met ’n stort. Die kombuisie is toegerus met ’n yskas-vrieskas, stoof en mikrogolf. Die leefarea het ’n TV, sitplek vir 2 en ’n etenstafel vir 2. Die eenheid lei na ’n balkon met braaigeriewe en ’n lieflike uitsig.
Oppi Stoep is 'n eenslaapkamerwoonstel met sy eie ingang en 'n dubbelbed. Die ooplan-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea. Die kombuisie is met yskas-vrieskas, 'n konveksiestoof, gasplate en 'n mikrogolfoond toegerus. Die leefarea het ’n TV, sitplek vir 2 en ’n etenstafel vir 4. Die eenheid lei na ’n dek met braaigeriewe en ’n lieflike uitsig.
Die Sakpas-ateljee is geskik vir 2 gaste en is op die grondverdieping van die eienaar se huis. Die eenheid het 'n privaat ingang via die motorhuis. Let daarop dat daar nie 'n voorstoep of braaigeriewe is nie. Daar is 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort. Die kombuisie is met 'n yskassie, stoof, oond, mikrogolfoond en ketel toegerus. Parkeerplek vir dié gaste is buite beskikbaar. Indien die eenhede nie vol bespreek is nie, sal 'n motorhuis beskikbaar wees. Doen asb. hieroor navraag.
Aktiwiteite sluit visvang, bootvaarte, duik, snorkel, swem, voetslaan, abseil en valskermsweef in.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Wynproe
- Wildritte
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Marina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 188
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
- Gaste dink Sakpas Kus Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hartenbos Mosselbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 128 Rylaan 6, Seemeeupark, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang