Salem Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Finsbury-singel 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R950 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Salem Gastehuis is in Lydenburg geleë en bied gaste 'n keuse van gerieflik gemeubileerde kamers.
Die dubbelverdieping gastehuis beskik oor 7 en suite-kamers; 4 van die kamers is op die boonste verdieping geleë en maak oop op die stoep, en die ander 3 kamers is op die grondvloer geleë en maak oop op die binnehof.
Die kamers is ingerig met 1 of 2 driekwartbeddens of 'n koningingrootte-bed en die en suite-badkamers het elkeen 'n stort of 'n bad. Linne word voorsien. Daar is DStv, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond in elke kamer.
Ontbyt is beskikbaar op versoek teen 'n ekstra koste en word vanaf 07:00 in die eetarea bedien. Onderdakparkeerplek is beskikbaar, en klein troeteldiere is welkom mits dit vooraf gereël word.
Lydenburg bied gaste verskeie besienswaardighede soos die Lydenburg-museum en die Lydenburg-waterval, en doendinge in die area sluit perdry, bergfietsry-, voetslaan- en 4x4-roetes, visvang en vlotvaart in.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Carien Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Finsbury-singel 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Gaste dink Salem Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Lydenburg Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Finsbury-singel 37, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang