Salt Life
Kry 25% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 500R1 125 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Salt Life is 'n lieflike selfsorgvakansiehuis in Southport, Port Shepstone, sowat 700 m vanaf die Southport Blouvlagstrand en Captains Anchor-restaurant. Dit is ideaal vir 'n gesin of 'n groep vriende.
Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 1 badkamer en 'n ekstrta toilet. Die eerste en tweede slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word. Die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n bad en 'n stort in die badkamer. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die huis beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, ketel, eetgerei, breekware en yskas-vrieskas toegerus is. Die sit- en eetarea het gemaklike sitplek en spog met 'n binnenshuise kaggel. Daar is ook 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek en braaigeriewe en gaste kan die gedeeltelike see-uitsigte en die geluid van branders in die agtergrond geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Gaste word nie deur krag- of wateronderbrekings geraak nie omdat die verblyf sonkrag en 'n 5000 l-watertenk het.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Ligging
- Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Bendigo-weg 26, Southport, Port Shepstone, 4230, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang