SaltLife@Skuitbaai
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 140, Skuitbaai-oord, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
SaltLife@Skuitbaai is 'n ruim selfsorg-vakansiehuis op 'n privaat landgoed met 'n sekuriteitsbeheerde ingangshek ongeveer 1 km van die toegangshek van Eersterivierstrand af. Dit is ook net 300 m vanaf die Fynbos Golf and Country Estate.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 2 gastetoilette. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 'n enkelbed in die aangrensende kamer. Daar is ook 'n aantrekkamer. Die en suite-badkamer het 'n bad en 'n dubbelstort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed wat ook in 2 enkelbeddens omskep kan word op versoek. Die vierde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. WiFi-toegang is beskikbaar.
Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, ysmasjien, yskas-vrieskas en aparte diepvrieskas toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Die ruim leefarea het 2 slaapbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n etenstafel met 8 stoele. Gaste kan die beskutte houtdek met 'n braai waar daar ook 2 houttafels en bankies is, geniet.
Skuitbaailandgoed het 'n klein, privaat strand en getypoel met braaigeriewe waar gaste die dag kan spandeer. Daar is ook 'n klein speelparkie vir kinders, staproetes en 'n visvangplek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.4/5
Heidi Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Erf 140, Skuitbaai-oord, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
- Gaste dink SaltLife@Skuitbaai het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Stormsrivier Tuinroete Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 140, Skuitbaai-oord, Eersterivierstrand, 6303, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang