Salt Rock Beach House
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hewitt-weg 2, Salt Rock, 3644, KwaZulu-Natal
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Salt Rock Beach House is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis met direkte toegang tot die Goue Myl Tiffanies-strand. Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en het 'n panoramiese see-uitsig. Grannies Pool by die strand is net 100 m van die verblyf af.
Die huis bied slaapplek aan 10 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie slaapkamers deel 2 badkamers, een met 'n stort en die ander met 'n bad, wasbak en toilet. Die vierde slaapkamer het 'n koninggrootet-bed en 2 enkelbeddens en die vyfde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n kot. Gaste in hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele en die aangrensende sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met Netflix en die DStv Now-app. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die stoep het buitesitplek en 'n etenstafel waar gaste al fresco-maaltye kan nuttig. Die stoep het ook 'n mooi see-uitsig en is die ideale plekkie vir gaste wat 'n skemerkelkie wil geniet terwyl die branders in die verte breek.
Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en die huis het laserstraal-sekuriteit buite en 'n alarmstelsel binne. Die lowerryke tuin is ideaal vir kinders wat wil rondhardloop en speel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbed vir 2
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Waaier
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Gedeelde dstv
- Tv
Ligging
- Hewitt-weg 2, Salt Rock, 3644, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Salt Rock Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hewitt-weg 2, Salt Rock, 3644, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang