Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 1919

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidkus Hoofweg, San Lameer Golf Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

San Lameer Villa 1919 is ten volle gemeubileer en toegerus vir selfsorg. Dié villa se ligging is puik - lekker naby die hotel en die swembaddens, en stapafstand van die strand af.

Villa 1919 bied gerieflike slaapplek vir 2 volwassenes en 3 kinders in 2 slaapkamers en daar is 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis/eetkamer/leefarea. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en het 1 koningingrootte-bed, en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed wat bestaan uit 'n dubbelbed aan die onderkant en 'n enkelbed aan die bokant.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en daar is 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Daar is nog 'n TV in die hoofslaapkamer wat aan die DStv gekoppel is. Lugversorging is beskikbaar in die hele villa en daar is onbeperkte WiFi.

Die leefarea lei na 'n klein patio met 'n ingeboude braaiplek en 'n uitsig oor die tuine. 'n Gholfkarretjie met 2 sitplekke is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Die villa word daagliks skoongemaak.

San Lameer Estate bied 2 swembaddens, 'n skoonheidspa, Lagoon Side Bar en Restaurant Grill, gholfbaan, tennisbane, muurbalbane en meer.

Vir gaste se gerief is alle villa's met 'n 2-plaat draagbare gasstoof, ketel, battery gloeilampe en 'n UPS vir WiFi toegerus.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Tripelstapelbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 9 resensies

Baie goed

Netheid
4.2
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.4
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Caron Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 23

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Suidkus Hoofweg, San Lameer Golf Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink San Lameer Villa 1919 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suidkus Hoofweg, San Lameer Golf Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd8304cdbe5a14102d1ae82e4a575dfe9726b599ef2de40d5aaa01d48987a55108abcf3c4ad962102de0e8ff133a4c40acba5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 9 5 1 5 South Coast Main Road San Lameer Golf Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -30.943888528371 30.298276251221

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang