Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

San Lameer Villa 2826

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

San Lameer Villa 2826 is 'n selfsorg-vakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Southbroom. Dit is die ideale opsie vir 'n kuswegbreek saam met familie en vriende. Hierdie landgoed spog ook met 'n 18 putjie-gholfbaan en vele ander vermaaklikheidsgeriewe.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 2 en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elkeen van die badkamers het 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix en Disney Plus. Gratis WiFi is beskikbaar. Die eenheid het 'n 5KW-omsetter wat alles in die villa kan aandryf vir 2 ure gedurende beurtkrag.

Die leefarea lei na 'n onderdakbalkon met 'n buite-etenstafel en 'n ingeboude braai waar gaste die uitsig kan bewonder. Veilige parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.

Die landgoed is naby 'n strand met 'n lieflike getypoel. Gaste het toegang tot die landgoed se geriewe wat 'n hotel met 'n spa, restaurant en 'n kroeg insluit. Die landgoed bied ook direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Marieta Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 79

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink San Lameer Villa 2826 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main-weg, San Lameer Estate, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA93bd9c726a5aac03742ec44bbb64f88c0a69ea008902c4eca05ffaec4e7e0fa1f475fd0f9a05b252b06f00b5eedbb5982bef?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Main Road San Lameer Estate 4277 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-22:00 10:00 -30.942353871827 30.299426246232

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang