San Lameer Lux
Kry 25% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 16 Jan 2024 tot 30 Nov 2024.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Lux is 'n smaakvol gemeubileerde villa wat selfsorgverblyf op die San Lameer-landgoed in Southbroom bied. Die gholflandgoed spog met 'n asemrowende Blouvlagstrand met 24 uur-sekuriteit, haainette en lewensredders.
Hierdie tripelverdieping villa se ingang is by die onderste verdieping en trappe lei na die ander 2 verdiepings. Daar is slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers met lugversorging. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is op die tweede verdieping en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beide die derde en vierde slaapkamer is op die onderste verdieping. Een met 2 enkelbeddens en 1 met 'n enkelbed en 'n stapelbed. Die gaste in hierdie slaapkamers deel 'n aparte badkamer met 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus. Daar is 'n eetkamertafel, gemaklike sitkamerstel, TV met sekere DStv-kanale en lugversorging in die leefarea. Die leefarea lei na 'n beskutte dek met 'n uitsig oor 'n dammetjie en vanwaar gaste diere kan sien.
Die landgoed bied 'n hotel met 'n spa en 'n restaurant, 'n 18 putjie-gholfbaan, rolbalbaan, tennisbane, muurbalbaan, 2 swembaddens, 'n strandmeer met trapbootjies, voëlkykroetes, berfietsroete en direkte toegang tot 'n strand met lewensredders.
Een beskutte parkeerplek word voorsien en ander voertuie kan by die hotel se parkeerarea of in die nabye, oop parkeerarea van die landgoed parkeer. Hierdie verblyf het 'n JoJo-tenk wat 'n betroubare bron van watertoevoer is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Zoeloe
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Badkamer
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Gedeelde dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Top Destinations Geverifieer
Eiendomme 100
Resensies 418
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
- Gaste dink San Lameer Lux het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R61, San Lameer-landgoed, Southbroom, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang