San Lameer Villa 14107
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
- Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
San Lameer Villa 14107 is 'n eksklusiewe selfsorgvilla in San Lameer Estate. Dit is aan die Suidkus van KwaZulu-Natal geleë en is 'n subtropiese paradys met wild, fauna, flora en voëls wat iets aan die hele gesin bied. Hierdie natuurbewaringsgebied van 200 hektaar spog met 'n 18 putjie-kampioenskapgholfbaan, hotel met 'n spa, restaurant en kroeg, luukse villa's en direkte toegang tot 2 blouvlagstrande.
Dié smaakvol ontwerpte villa bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander slaapkamers het 2 enkelbeddens. Die gaste van hierdie slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het lugversorging en beskik oor 'n sitarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die kombuis het 'n toonbank met 5 stoele. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, koffietafel en 'n TV met DStv en WiFi.
Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai en 'n etenstafel. Die tweede dek het 'n privaat swembad en 'n asemrowende uitsig oor San Lameer spog. Hierdie stoep het gemaklike sonstoele. Toegang tot gratis en veilige parkeerplek is beskikbaar.
Gaste kan by die landgoed se gemeenskaplike swembaddens ontspan of hulself met die pragtige uitsigte bederf. San Lameer bied ook uitgestrekte lowerryke omgewings, tuine vir pieknieks, 'n speelarea vir kinders, die huur van fietse, visdam en 'n voëlkykdam. Gaste kan ook die gemeenskaplike braai-areas en staproetes geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Eetkamer
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Marieta Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 76
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Sanlameer Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: San Lameer Estate R61, San Lameer Villa, Laer Suidkus, 4277, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang